Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Skatkis van antieke ware, kuns op groot veiling

Die afslaer Old Johannesburg Warehouse bied op 10 en 11 November sy voorlaaste veiling van die jaar by sy pakhuis in Selby, Johannesburg, aan.

Lot 210
Lot 90
Lot 124
Lot 194
Lot J090
Lot 39

Op Saterdag 10 November begin die veiling om 09:00 met meer as 400 meubels, wat style soos Africana, Engels, Nederlands, Frans, retro en industrieel insluit. En, beloof die afslaer, steampunk soos nog nooit in Suid Afrika te sien was nie.

’n Groot verskeidenheid silwer, pragtige keramiek, klassieke strokiesprente, speelgoed en modelmotors, matte en versamelbare boeke sal ook in dié sessie opgeveil word.

Die kunssessie begin om 14:00 met ’n eklektiese seleksie van tradisionele en kontemporêre kuns deur kunstenaars soos J.H. Pierneef, Adriaan Boshoff, Gerard Sekoto, Johan Oldert, Frans Claerhout, Deborah Bell en Diane Victor.

Die tweede dag van die veiling begin op 11 November om 09:00 met ’n skatkis van items wat veilinggangers ure lank besig sal hou. Die juweliersware- en horlosiesessie begin om 14:00 met byna 300 glinsterende lotte. Verskeie ringe wat met diamante, saffiere, robyne en smaragte getooi is, asook tennisarmbande en halssnoere kom onder die hamer.

Horlosieversamelaars kan uitsien na handelsmerke soos Rolex, Patek Philippe, Raymond Weil, Longines, Cartier, Baume & Mercier, Tag Heuer en Omega. ’n Ongewone Breitling Bentley kan vurige biewerk ontlok. Ook in dié sessie is fantastiese klassieke versamelaarshandsakke (Gucci, Prada, Louis Vuitton) en mans-sonbrille (Cartier, Prada, Ray-Ban).

Die items op die veiling kan op
8 en 9 November van 08:30 tot 16:00 besigtig word. Op veilingsdae is besigtiging oop van 08:00 tot die veiling om 09:00 begin.

Veilige, bewaakte parkeerplek is oorkant die pad van die pakhuis beskikbaar. Registrasie vir die veiling is gratis. Alle katalogusse kan aanlyn besigtig word op die webwerf www.oldjwauctioneers.com.

Vir meer inligting, skakel Old Johannesburg Warehouse-afslaers by 011 836 1650 of stuur ’n e-pos na info@oldjwauctioneers.com.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.