Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Skatte bring vreugde en opbrengste

Om kuns en antieke skatte te versamel bring nie net groot vreugde vir versamelaars nie, dit bied ook goeie finansiële opbrengste, sê Clyde Terry, die eienaar van Clyde on 4th Antiques in Melville en die eienaar van al die antiekmarkte in Gauteng.

“Ek kry altyd ’n spesiale gevoel as ek in ’n huis tjokkeblok vol kuns en oudhede instap en dan besef ek weer hoekom ek dol is op my werk en mense graag inspireer om te versamel.”

Dié Royal Doulton-beeldjie is een van die versamelaarsartikels wat op die komende antiekmark by Brooklyn Square in Pretoria te kry gaan wees.

Hy sê die herkoms van die artikels en wie dit vantevore besit het, is boeiend en een van die redes hoekom mense ’n versameling moet opbou.

Die antiekmark, wat elke eerste Saterdag van die maand by Brooklyn Square in Pretoria gehou word, lok ’n spesiale soort versamelaar. Die handelaars wat in dié nismark sake doen, sê hulle kies spesiale stukke om na die mark toe te bring.

Dié antieke Royal Bom-kaggelhorlosie van porselein is een van die skaars skatte wat op die antiekmark aangebied gaan word.

Rod Hawkins van Rod & Phil Collectables kom al die pad van KwaZulu-Natal met sy versameling porseleinbeeldjies. Hy het oor tyd ’n stewige aanhang ontwikkel.

“Sommige van die stukke is vir generasies in families se besit en dit is wonderlik hoe die liefde vir versamel aan kinders en kleinkinders oorgedra word.”

Ria en Thys du Preez van Stinkhout Antiques is baie bekend aan versamelaars in Pretoria en het ook ’n sterk aanlyn teenwoordigheid. “Talle van die versamelaars doen moeite om na Brooklyn Square toe te kom om ons te ontmoet.”

Die mark op 2 November gaan juweliersware, porseleinbeeldjies, kaggelhorlosies en messegoed insluit.

’n Stel 20ste-eeuse kamee-oorkrabbers in goud geset en ’n blou topaas-armband verdien spesiale vermelding.

Nog ’n handelaar van Pretoria wat groot belangstelling op die mark lok, is John Keogh van Keogh International, wat in munte en banknote spesialiseer. Met kantore in die VSA en in Nederland kan hy goeie raad gee wat beleggings in munte en banknote betref. Dit word as die perfekte alternatiewe belegging bestempel omdat dit vrygestel is van kapitaalwinsbelasting.

Die antiekmark by Brooklyn Square word van 10:00 tot 15:00 op die eerste Saterdag van elke maand gehou. Daar is spesialis-handelaars in juweliersware, keramiek, silwer, dekoratiewe ornamente, klassieke bybehore en munte en banknote. Vir die datums en om in te teken op die gratis maandelikse nuusbrief, besoek www.thecollector.co.za/events.

Meer oor:  Antiques In Melville  |  Clyde Terry  |  Antiekemark  |  Veilings  |  Antieke Ware
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.