Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Skilderye wat versamelaars sal beïndruk
Frank Spears se Kaapse Landskap wat die komende naweek deur Sandton Auctioneers opgeveil word.

Ywerige kunsversamelaars gaan die komende naweek beïndruk word deur die groot versameling kuns wat deur Sandton Auctioneers opgeveil gaan word.

Die verkoping met 140 lotte sluit in werke van Errol Boyley, Gregoire Boonzaier, Frank Spears, WH Coetzer, Adolph Jentsch en Frans Claerhout. Daar is ook werk van Ignatius Marx, Paul Munro, Marie Vermeulen en Portchie te kry. Dekoratiewe items soos brons-standbeelde, lampskerms en spieëls maak deel uit van die verkoping.

Sowat 100 Persiese matte in ’n verskeidenheid van kleure en groottes is ook beskikbaar.

Al die items word met waardasie- en egtheidsertifikate verkoop.

Die veiling word op Saterdag 30 September en Sondag 1 Oktober om 10:30 in die Lifestyle-kunsgalery in die Lifestyle-tuinsentrum in Randparkrif in Johannesburg gehou.

Die items kan op albei dae ’n uur voordat die verkoping begin, besigtig word.

Vir meer inligting kan belangstellendes vir Ali Khansefid by 083 231 0729 bel.

Die katalogus kan by www.sandtonauctioneers.com afgelaai word.

Meer oor:  Kunsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.