SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Eiendomme
Só het Dag Zero-vrees Waterfront geraak

Die regering se waarskuwings aan oorsese markte oor die Dag Zero-bedreiging in Kaapstad het van April af die V&A Waterfront se geldsake sleg getref.

Die V&A Waterfront sê minder oorsese toeriste het Kaapstad besoek weens die boodskap dat die stad se water byna op is. Foto: Reuters

Hotelle het minder besprekings gekry en toeriste het minder bestee, het Estienne de Klerk, uitvoerende hoof van Growthpoint Suid-Afrika, Vrydag gesê.

Die Waterfront, waarin Growthpoint ’n 50%-belang besit, is egter steeds soos ’n “ander land vir Suid-Afrika”, het De Klerk gesê by ’n aanbieding aan ontleders in Kaapstad oor die eiendomsgroep se jaarresultate.

Net 1,8% van die eiendomme in die Waterfront staan leeg, en die omset van huurders is baie laag. Tot 92,4% van huurders verkies om hul kontrakte te hernu.

Hotelle in die Waterfront is tussen 15% en 20% voller as ander hotelle in die Wes-Kaap.

Selfs nuwe woonstelle in die nuwe Silo-distrik is almal uitverkoop, met ’n gemiddelde prys per vierkante meter van soveel as R85 000 wat behaal is.

Die aantal besoekers aan die Victoria Wharf-winkelsentrum was wel onveranderd van ’n jaar gelede.

Growthpoint hoop die swakker rand en die komende somerseisoen sal help om buitelandse besoekers weer na die Waterfront terug te lok nadat hulle deur Dag Zero afgeskrik is, het Norbert Sasse, groephoof van Growthpoint, gesê.

Growthpoint het R34 miljoen bestee om alternatiewe waterbronne vir sy eiendomme in die Wes-Kaap te kry.

Meer oor:  Growthpoint  |  V&A Waterfront  |  Kaapstad  |  Water  |  Dag Zero  |  Handelseiendom  |  Genoteerde Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.