Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Só knou ’n asbesdak jou eiendom se waarde

Is jy die eienaar van ’n eiendom wat nog ’n asbesdak uit die oude doos het? Wees gewaarsku: Asbes benadeel nie net jou gesondheid nie, maar raak ook die waarde van jou eiendom. Kenners verbonde aan VIA se opknappingsprogram 1, 2, 3 fixit! – waarin spanne dit uitspook om een huis vertrek vir vertrek ’n nuwe baadjie te gee – gee raad. 

Ten spyte daarvan dat asbes ’n gevaarlike stof is wat dekades gelede al verbied is, is dit verbasend hoe baie daarvan ’n mens steeds op dakke of in ander gedaantes soos pype in huise en selfs in skoolgeboue aantref.

Asbesstrukture wat met die verloop van jare agteruitgegaan het, kan groot gevare inhou – verval vir diegene wat naby dié strukture bly.

Geoffrey Jäck, besturende direkteur van die boumaatskappy Indawo, sê daar is wetgewing wat tans in die finale konsepfase is wat die hantering van asbes op geboue baie strenger sal reguleer.

Dié wetsontwerp stipuleer dat net ’n klein hoeveelheid asbes gehanteer mag word deur kontrakteurs wat nie geregistreer is om daarmee te werk nie.

Vir groter dakke en strukture moet huis­eienaars gebruik maak van geregistreerde asbeskontrakteurs.

Wat sê die wet?

Hier is ’n paar uittreksels uit dié wetsontwerp:

  • Tipe 1-asbeswerk: Dit is onnodig om geregistreerde asbes­kontrakteurs te gebruik in gevalle waar die verf van asbesprodukte nié voorafgegaan word deur die voorbereiding van oppervlaktes of die vrylating van asbesvesel nie. Dit geld ook vir die verwydering van minder as 10 m² asbesprodukte, -geute, pype of -isolasie.
  • Tipe 2-asbeswerkvereis dat ’n kontrakteur vir tipe 2-asbeswerk geregistreer moet wees, wanneer die asbes op so ’n wyse herstel of bedek word dat oppervlakvoorbereiding of die verwydering van asbes genoodsaak word.
  • Tipe 3-asbeswerk vereis dat kontrakteurs as tipe 3-kontrakteurs geregistreer moet wees wanneer enige materiaal wat  asbes bevat, verwyder, herstel of bedek word én oppervlakvoorbereiding ook nodig is.

“Vir groter dakke en strukture moet huis­eienaars gebruik maak van geregistreerde asbeskontrakteurs,” sê Jäck. “Vir enige oppervlakte groter as 10 m² – of die asbes nou net hanteer of verwyder gaan word – moet die hulp van ’n geregistreerde asbeskontrakteur ingeroep word. Dit kan nie net ’n gekwalifiseerde kontrakteur wees nie.”

Jou huis se waarde

Asbesdakke kan ook die beleggingswaarde van geboue aansienlik laat daal, aldus Jäck.

Kopers sal die koste om die asbes te vervang in ag neem wanneer ’n kopersaanbod gemaak word. Dít kan ’n negatiewe prysneiging skep – iets wat verkopers beslis sal wil vermy. Dit is egter nie al nie: Dit is boonop ook ’n duur affêre om ’n dak te vervang.

Tegnologie het egter oor die afgelope dekade tot so mate ontwikkel dat dakbou nou ’n nuwe betekenis aangeneem het.

Volgens Jäck is dit ongelukkig nie eenvoudig om ’n asbesdak te vervang nie. Om asbes te verwyder verg beplanning sodat die vrylating van die asbesvesels in die lug beperk kan word. Sodra asbesvesel eers in die lug is, kan dit ver versprei en duisende mense kan in die proses daarmee in kontak kom.

Tegnologie het egter oor die afgelope dekade tot so mate ontwikkel dat dakbou nou ’n nuwe betekenis aangeneem het.

Vanweë beperkte begrotings is dit egter nie altyd moontlik om van die beste tegnologie op die mark gebruik te maak nie. As jy ’n dak probeer vervang deur van materiaal gebruik te maak wat nie vir die struktuur gepas is nie, kan jy skade ly.

Dit verg versigtige oorweging voordat jy die regte oplossing kry, sê Jäck. Om op ’n materiaal te besluit waarmee jy jou dak gaan vervang, is nie eenvoudig nie.

Jy sal vrae moet kan beantwoord oor die dravermoë van die balke, die keuse van die teëls, die helling van die dak, waterdigtingsvereistes en die estetiese behoeftes.

Volgens Jäck is omgewingsvolhoubare oplossings ook iets waaraan baie kopers en beleggers sal dink en dis boonop ’n groot tendens in die boubedryf op die oomblik.

Jäck sê die uitfasering van asbes in bouwerk het al te lank geneem. Wetgewing is nou nodig om die totale verwydering daarvan aan te moedig – veral by skuilings en skole.

Op die kassie:

Nuwe episodes van 1, 2, 3 fixit! word elke Donderdag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Sondae om 17:00.

Die program is gegrond op die Tuis-tydskrif se Regruk met flair-kompetisie en die reuse-huisopknap word moontlik gemaak deur BUCO, TimberCity en Indawo.

Hou Eiendomme en Netwerk24 dop vir die duur van die program vir nog interessante eiendomswenke.

Meer oor:  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.