Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Só lyk Barbie se ‘droomhuis’ – en jy kan daar bly!
Barbie se droomhuis in Malibu, Kalifornië.Foto: Airbnb

Barbie se droomhuis aan die Amerikaanse weskus is te huur op Airbnb, maar net vir twee aande aan die einde van vandeesmaand.

In die inskrywing, genaamd “Welcome to the Barbie Malibu Dreamhouse!” skryf Barbie self dat haar “droomhuis” twee nagte beskikbaar is om deur enigiemand gehuur te word.

Die gelukkige gas sal toegang tot die hele herehuis wat naby die strand in Malibu in die deelstaat Kalifornië geleë is.

Boonop sal dié vakansie nie ’n gat in jou bankbalans blaas nie. Barbie soek net R891 per aand.

Die pragtige see-uitsig.Foto: Airbnb

Die vangplek?

Die huis is net beskikbaar vir twee nagte, 27 en 28 Oktober.

“Onthou, dit is geleentheid wat net een keer in ’n leeftyd kom,” waarsku Barbie.

Die huis het ’n lekker swembad om in te baljaar.Foto: Airbnb
Hier kan jy lekker langs die swembad ontspan. Foto: Airbnb

Belangstellendes sal van Woensdag af kan probeer om die huis te bespreek, maar daar is nóg ’n klein vangplek. Die verblyf kan dalk goedkoop wees, maar Barbie vra mooi dat die gelukkige gas ’n “ruim donasie” maak aan een van haar welwillendheidsprojekte.

Airbnb sal die donasie namens die gas maak.

So kry maar daardie tjekboek gereed as jy wil uitstaan bo al die ander aansoekers.

Bykans al die meubels is ’n skakering van pienk.Foto: Airbnb
Die pienk kombuis. Met sy pienk potte.Foto: Airbnb

Meer oor die huis:

Barbie se droomhuis “in die hartjie van Malibu” bestaan uit drie vlakke met twee slaapkamers, elkeen met ’n pragtige see-uitsig.

Daar is ook ’n swembad, dek en buite-area waar jy saam met jou vriende en familie kan kuier.

Die villa kan vier mense huisves volgens die plasing op Airbnb, maar as mens so na die foto’s kyk, sal jy beslis ’n paar vriende op een van die vele pienk banke kan laat slaap.

Barbie se huis het selfs sy eie private teater en buitebraai!

Die hoofslaapkamer in Barbie se huis.Foto: Airbnb
Die tweede slaapkamer. Foto: Airbnb

Meer oor:  Eiendom  |  Airbnb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.