Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Só raak vlak 4 verhuring, huurders

Huurders van huise of woonstelle of enige ander wonings is opnuut daaraan herinner dat hulle nie goedsmoeds uitgesit kan word gedurende die nasionale inperking nie.

Talle verhuurders meld tans dat hulle geen belangstelling in hul geadverteerde huureiendom kry totdat hulle hul huurgeld verlaag nie, wys die jongste peiling van die kredietburo TPN.

Verhuurders is ook aan billike praktyk oor huurdispute herinner en dat hulle nie mense uit hul eiendom kan laat sit omdat hulle weens die Covid-19-pandemie nie hul huurgeld kan betaal nie.

Dit is in twee afdelings van die jongste regulasies vervat wat Sondagaand in die Staatskoerant gepubliseer is as deel van die terugskuif na ’n aangepaste vlak 4 van die inperking.

Dit kom te midde van ’n residensiële huurmark wat reeds onder druk is, met huur wat landwyd daal weens ’n ooraanbod van huureiendom.

Talle verhuurders meld tans dat hulle geen belangstelling in hul geadverteerde huureiendom kry totdat hulle hul huurgeld verlaag nie, wys die jongste peiling van die kredietburo TPN.

Volgens TPN se peiling staan 13,15% van verhuurbare eiendom tans landwyd leeg. Dit is ’n huurdersmark, met ’n ooraanbod van leë wonings wat huurgeld afdwing, want huurders is in ’n posisie om huurwinskopies te soek, sê Michelle Dickens, uitvoerende hoof van TPN.

Hof moet goedkeur

Die jongste regulasies bepaal dat niemand van hul grond of uit hul huis gesit kan word of dat hul woning (soos ’n plakkershut) platgeslaan mag word tydens die inperking nie, tensy ’n hof dit goedgekeur het.

’n Hof mag ook ’n bevel vir uitsetting of aftakeling van ’n woonstruktuur ophef totdat die ramptoestand beëindig word.

Die regulasies bied beskerming aan huurders teen onbillike praktyk deur die tribunaal vir huurbehuising opdrag te gee om voorsiening te maak vir die dringende aanhoor van dispute of om ’n dringende spoliasiebevel (oftewel ’n restitusiebevel) te kan uitreik om ’n huurder wat uitgeskop is weer sy woonplek terug te gee.

Gevalle van onbillike praktyk sluit in waar verhuurders nie genoeg kennisgewing vir die einde van ’n huurtermyn gegee het of nie reëlings oor alternatiewe huurbetalings wil aanvaar nie. Dit is ook onbillik as ’n verhuurder ’n boete hef vir die laat betaling van huur waar die laat betaling weens die ramptoestand veroorsaak is of as die verhuurder nie in goeder trou of tegemoetkomend wil optree rakende noodgevalle wat met die ramptoestand verband hou nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.