Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Soja-aanleg en plase te koop

Park Village Auctions (PVA) nooi beleggers om aanbiedings te doen vir die roerende en vaste bates van ’n KwaZulu-Natalse soja-aanleg, waarvan die vervaardiger tans in sakeredding is.

’n Skermgreep van die gedeelte van die plaas Springfontein in KwaZulu-Natal, waarvoor voornemende kopers aanbiedings by Park Village Auctions kan indien.

Andrew Dix-Peek van PVA sê die verkoping val onder PVA se sakereddingsafdeling, wat spesialiseer in die verkope van ondernemings wat in die moeilikheid is.

“Die meeste van die ondernemings wat deur die afdeling van die hand gesit word, benodig bloot ’n kapitaalinspuiting of ’n herstrukturering om verder bedrywig te kan wees.”

Gevolglik verteenwoordig dit ’n gulde geleentheid vir beleggers, reken hy.

Die beskikbare bates sluit in ’n soja-olieslaeraanleg, plaasgrond en roerende bates.

Die eerste eiendom wat verkoop word, is ’n gedeelte van die plaas Springfontein, plaasnommer 112, Swartberg.

Dié plaas het besproeiingsgrond, wat as weivelde vir melkbeeste gebruik is.

Dié plaas het besproeiingsgrond, wat as weivelde vir melkbeeste gebruik is.

Verbetering behels graansilo’s met gespesialiseerde infrastruktuur, ’n woonhuis, ’n veekraal vir veeveilings en ’n toegeruste boorgat.

Die roerende bates wat saam met die Springfontein-plaas verkoop word, sluit in rollermeul-eenhede, vervoereenhede, elektriese verspreidingstelsels, droërs, elektriese motors en ’n kompressor.

Die tweede eiendom is gedeelte 12 van die plaas Winterton, net af van die R74 in Winterton. Altesame 71% van die kommersiële plaas bestaan uit besproeiingsgrond en dan is daar ’n klein deel droë lande.

Die verbeterings sluit in ’n sojaslaeraanleg met die ondersteunende infrastruktuur, onder meer kantore, personeelgeriewe, pakhuise vir berging, ’n massameetbrug, afdakke en ’n toegeruste boorgat.

Dié plaas se roerende bates bestaan uit die inhoud van die oliemeule, die silo, ’n stoomketel, werkswinkelbates, ’n voorlaaier en ’n John Deere-trekker.

Gedetailleerde inligting is by www.parkvillageauctions.co.za beskikbaar.

Belangstellende partye kan Dix-Peek by 082 778 6001 bel om ’n afspraak te maak om die bates te besigtig.

Aanbiedings moet nie later nie as 7 November om 15:30 ingedien word by PVA se hoofkantoor: Eenheid 10, Ferndale Mews-Noord, Oaklaan, Fern­dale, Randburg. Voornemende kopers moet kennis neem dat die sakereddingspraktisyn die reg voorbehou om nie die hoogste aanbod of enige ander aanbod te aanvaar nie.

Vir alle veilingsverwante inligting kan PVA by 011 789 4375 gebel word.

Meer oor:  Park Village Auctions  |  Plase  |  Veiling  |  Soja-Aanleg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.