Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Spogkantore onder hamer

Twee prima kantooreiendomme in die noorde van Johannesburg word volgende week deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil.

Jaco du Toit van PVA sê diegene wat 2019 in nuwe korporatiewe kantore wil begin, hoef nie verder te soek nie.

Eerste aan die beurt is ’n kantooreiendom in Parkmore wat Maandag 11:00 verkoop gaan word. Dié eiendom in Vierde Straat is aantreklik en goed in stand gehou. Dit front aan Sandtonrylaan en kan as een groot kantooreiendom gebruik of in twee onafhanklike kantoordele verdeel en onderverhuur word.

Dié kantooreiendom in Parkmore in Sandton word Maandag deur Park Village Auctions op ’n veiling verkoop.

Eenheid A behels ’n dubbelvolume-ingangsportaal, ’n ontvangsarea, ’n kleedkamer, ’n personeelkombuis, ’n liasseerkamer, ’n bedienerkamer, ’n raadskamer, ses private kan­tore en ’n balkon wat op Sandtonrylaan uitkyk.

Eenheid B het ’n ontvangsarea, ’n personeelkombuis, ’n kleedkamer, ’n stoorkamer en drie private kantore. Verbindingsdeure tussen die twee eenhede gee toegang tot ’n sentrale oopplan-kantoorarea. Daar is voldoende parkering vir personeel en kliënte.

Dinsdag 11:00 word ’n moderne dubbelverdieping-kantooreiendom in ’n klassieke argitektuurstyl in Bryanston op ’n veiling aangebied.

Dié moderne kantooreiendom in ’n klassieke argitektuurstyl in Bryanston word opgeveil.

Op die grondvloer is ’n dubbelvolume-ontvangsarea, ’n sitkamer met ’n ingeboude kroeg, ’n stoorkamer, ’n kombuis, ’n opwaskamer, kleed­kamers, ’n bedienerkamer, vier private kantore en ’n groot raadskamer.

Die boonste vloer het ’n ontvangsarea en sewe private kantore, waarvan drie toegang tot ’n balkon het.

Du Toit sê albei die eiendomme is reg om opgeraap te word. “Die eiendomme het elk ’n prominente ligging in van die voorste sakenodusse in die noorde van Johannesburg. Enigeen met ’n oog vir kommersiële eiendom sal weet hoe winsgewend kantoorbeleggings in dié gebiede is.”

Meer oor:  Johannesburg  |  Veiling  |  Kantore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.