Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Status quo in bedryf móét ontwrig word

Eiendomsagente moet daarvan vergeet om dinge net te doen op die wyse waaraan hulle nog altyd gewoond was, skryf Tony Clarke van die Rawson Property Group. Die tyd vir verandering het aangebreek.

Daar is nog te veel Suid-Afrikaanse eiendomsagente wat in die verlede vasgevang is en steeds dieselfde soort diens op dieselfde wyse lewer as wat agente al 50 jaar doen.

Dit is hoog tyd dat ons die status quo ontwrig.

Deur sake op die ou tradisionele en duur manier te doen, faal ons bedryf – ’n multimiljardrandse bedryf – daarin om ons waarde oor te dra.

Ons moet dus nie verras wees as nuwelinge kom en die wyse waarop ons dinge doen, begin ontwrig nie.

Hulle trek bloot net voordeel uit die gapings wat ons self skep deur nie die veranderende eiendomslandskap aan te gryp nie.

Ek glo dat tegnologie hoofsaaklik vir die veranderinge in die eiendomsbedryf verantwoordelik is. Dit het baie van die aspekte van die tradisionele eiendomsagent se rol vereenvoudig en verbruikers tot meer eiendomsinligting as ooit te vore toegang gegee.

As ons na die tradisionele model kyk, was die eiendomsagent se rol om kopers en verkopers met mekaar te verbind en betroubare inligting en advies aan al twee partye te verskaf.

Baie van dié rolle word deesdae deur tegnologie in die vorm van aanlyn eiendomsplatforms en die internet vervul.

Daarom glo ek dat kopers en verkopers deesdae die volste reg het om te verwag dat agente meer as net die basiese moet doen vir die kommissie wat hulle die agent betaal.

Dít is egter nie ’n bedreiging vir die bedryf nie, maar eerder ’n opwindende geleentheid om die bedryf verder te ontwikkel en uit te brei.

Daar is ’n fundamentele kopskuif wat moet plaasvind. Dit is nie genoeg om nét ’n agent of verkoopspersoon te wees, of jou werk bloot nét vir die kommissie te doen nie. Die eiendomsagent van vandag moet ’n betroubare adviseur en langtermynkonsultant wees wat waarde toevoeg op elke punt van die kliënt se eiendomsreis – nie net wanneer die persoon koop of verkoop nie.

Moderne benadering

’n Belangrike deel van dié moderne benadering tot eiendomsdienste is om die massas inligting op die internet te interpreteer, en kopers, verkopers en huiseienaars te help om dié inligting op die doeltreffendste wyse toe te pas.

Jy kan werklik oorlaai word deur inligting op die internet, en dit is soms moeilik om te onderskei wat feite en wat menings is én wat op jou spesifieke omstandighede van toepassing is.

Só kan hulle verkopers en kopers help om van die heel eerste dag af beter besluite te neem.

Eiendomsadvies alleen is nie net voordelig nie, maar só ook deurlopende opleiding, uiters goeie onderhandelingsvaardighede en spanwerk. Dít bied alles ’n mededingende voordeel, maar slegs as die agent bereid is om ten volle van dié vaardighede en hulpbronne gebruik te maak.

Meer oor:  Huismark  |  Verkoop  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.