Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Strauss in Londen vir nuwe gehoor

Drie direkteure van die Suid-Afrikaanse veilingshuis Strauss & Co is op pad na Londen op soek na ’n nuwe gehoor.

Frank Kilbourn, voorsitter, Vanessa Phillips, mede-besturende direkteur en Caro Wiese, direkteur, gaan op Dinsdag 25 September van 11:00 tot 17:00 by die Royal Over-Seas League in St James’s Street in Londen wees om voornemende klante oor die Suid-Afrikaanse kunsmark toe te spreek.

Irma Stern se Dahlias, wat in Oktober deur Strauss & Co opgeveil gaan word.

’n Klein versameling skilderye gaan ook uitgestal word. Dit sluit in Irma Stern se Dahlias. Stern is Suid-Afrika se beste kunstenaar nóg.

Kilbourn sê die waarde van Afrika-kuns het die afgelope dekade fenomenale groei getoon. “Die besoek aan Londen is om voornemende kopers en beleggers die geleentheid te bied om die nuutste perspektief te kry oor kunsgebeure in Suid-Afrika,” sê hy.

Die fokus op die eerste besoek aan Londen is op die werke van die Labia-familietrust, wat op 15 Oktober opgeveil gaan word, onder meer Stern se Dahlias.

Dit gaan na verwagting vir tussen R8 miljoen en R12 miljoen verkoop word.

Graaf Natale Labia is in November 2016 in sy huis, Hawthornden, in Wynberg in Kaapstad dood en sy erfgename bied 22 kunswerke aan wat in die huis gehang het.

Ten minste een van die skilderye het deel uitgemaak van ’n gevierde kunsversameling wat bymekaar gemaak is deur die graaf se oupa aan moederskant, die “Randlord” Sir Joseph Benjamin Robinson.

Ander hoogtpunte sluit in Pieter Wenning se The Yellow House (Bishopscourt in Winter). Dit gaan na verwagting tussen R500 000 en R700 000 haal.

  • Vir meer inligting oor die veiling bel 021 683 6560 of besoek www.straussart.co.za.
Meer oor:  Frank Kilbourn  |  Vanessa Phillips  |  Londen  |  Veilings  |  Veilingshuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.