Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Talle plase nou te koop

Boere moet op die uitkyk wees vir talle plase wat Van’s Auctioneers in die volgende ses weke te koop gaan aanbied.

Daar is heelwat saai- en weidingplase, asook ’n spog-melkplaas in KwaZulu-Natal wat opgeraap kan word.

Op 26 September om 11:00 word vyf plaasdele van ongeveer 2 200 ha tussen Heidelberg en Balfour, sowel as ’n verskeidenheid plaastoerusting, op dié plase opgeveil.

Die skilderagtige plaas naby Underberg in KwaZulu-Natal kom op 17 en 18 Oktober op ’n likwidasieveiling onder die hamer.

Dié plase grens aan die Suikerbosrandrivier en bied puik weiding en besproeiings- en saailande en is ryk aan water met besproeiingsregte en boorgate, sowel as spilpunte. Daar is ook uitstekende verbeterings soos huise, blokkamers, store en heelwat meer.

Die plaastoerusting sluit in stropers, trekkers, vragmotors, bakkies en heelwat meer.

Op dieselfde dag kan aanbiedings ingedien word vir nege plase wat deur ’n finansiële instelling aangebied word.

Die plase is in die Vrystaat, Noordwes en Limpopo en daar is ook ’n kommersiële eiendom naby Port Edward te koop. Aanbiedings moet persoonlik voor 12:00 op 26 September ingedien, of kan per e-pos tussen 12:00 en 16:00 op dieselfde dag ingedien word.

’n Uitsonderlike melkplaas met beeste, melkerytoerusting en ander plaaswerktuie naby Underberg in die hart van melkwêreld kom op 17 en 18 Oktober onder die hamer op ’n likwidasieveiling wat op die plaas aangebied word.

Die plase beslaan saam ’n allemintige 3 000 ha en is ryk aan water en het ook waterregte.

Die spilpunte vir besproeiing word saam met die plase waarop hulle staan, aangebied. Een van die gedeeltes bevat ’n trouvenue met ’n kapel en blyplek.

Die los bates, wat op 18 Oktober aangebied word, sluit in die melkery en verwante toerusting, ongeveer 2 000 koeie en beeste, perde en wild, sowel as heelwat plaastoerusting van goeie gehalte.

Voornemende kopers word versoek om Van’s Afslaers by 086 111 8267 te bel.

Meer inligting kan op die afslaer se webblad by www. vansauctions.co.za of sy Facebook-blad verkry word.

Meer oor:  Plase  |  Landbou  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.