Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Te hoë huisprys kan jou duur te staan kom

Wie wil nou nie die beste moontlike prys (en soveel as moontlik geld in jou sak) kry wanneer jy jou huis verkoop nie? Dit kan jou egter duur te staan kom as jou verkoopprys té hoog is. David Jacobs van Rawson Property Group gee raad.

  

Hoe langer jou huis in die mark is, hoe moeiliker word dit om jou prys te haal. Foto: iStock

Omtrent almal weet wat gebeur wanneer jy ’n huis in die mark sit en die verkoopprys te hoog is. Niemand dink egter dat dit ooit met hulle sal gebeur nie.

FNB se jongste statistieke dui egter daarop dat minstens agt uit tien huiskopers die gevaar loop om dit oor te kom, behalwe as hulle dapper genoeg is om die probleem te erken en vinnig stappe te doen om dit reg te stel.

Volgens FNB se eiendomsbarometer moet altesame 88% van verkopers hul verkooppryse verlaag om hul eiendomme verkoop te kry. Die gemiddelde verlaging is 7%.

Die gemiddelde hoeveelheid dae wat dit neem vir ’n eiendom om ’n koper te kry het óók intussen toegeneem. Dit neem nou gemiddeld 98 dae vir ’n huis om te verkoop in vergeleke met die 78 dae vroeg verlede jaar.

Dit impliseer dat verkopers hulself tans deur ’n verdere drie weke van angs sit voordat hulle tot die gevolgtrekking kom dat hulle óf die verkoopprys moet verlaag óf die huis uit die mark moet haal omdat dit nie voornemende kopers lok nie.

Dit kos jou geld

Ongelukkig kos hierdie besluitloosheid die verkoper ook geld – baie meer as die 7% waarmee die verkoopprys verlaag kon word.

Die verkoper moet aanhou om die verbandpaaiemente, maandelikse heffings en dienste, asook versekeringspaaiemente te betaal terwyl hulle wag vir die huis om verkoop te word.

Uit ervaring het ons geleer dat verkopers wie se huise die regte prys het, dit in minder as die helfte van die gemiddelde verkooptyd verkoop.
David Jacobs van Rawson

Gevolglik stel ek voor dat verkopers wat die beste uit die verkoopseisoen wil haal, ’n betroubare en ervare eiendomsagent raadpleeg, wat bekend is met die marktoestande in jou spesifieke woongebied.

Só kom jy voor

Ten einde die angs van huisverkoop te voorkom, moet verkopers dadelik die regte skuif maak wat hul verkoopprys betref en in die proses ander huisverkopers voorspring wat ook om voornemende kopers se aandag (en beursies) meeding.

Uit ervaring het ons geleer dat verkopers wie se huise die regte prys het, dit in minder as die helfte van die gemiddelde verkooptyd verkoop.

Hulle spaar dan ook dikwels heelwat geld op verbandpaaiemente en dienste wat uiteindelik vir die laer verkoopprys vergoed.

Dit is egter nie al voordeel nie. Terwyl ander verkopers weke neem om hul eiendomme met hemelhoë pryse te bemark aan voornemende kopers – wat waarskynlik die huismark beter as hulle ken en vasberade is om minder te betaal – kan die meer realistiese verkopers aanbeweeg en met kontant in die hand die koopprys van hul nuwe huis gaan onderhandel.

As jy tans egter ’n huis in die mark het wat nog nie ’n enkele koper of aanbod gelok het nie, moet jy jouself ’n moeilike vraag vra: Wat is jou motivering?

As jy regtig net bereid is om jou huis teen ’n sekere prys te verkoop, en daardie prys is nie nou haalbaar nie, is jy heel moontlik nie ’n ernstige verkoper nie.

Dit sal dalk beter wees om jou huis maar vir nou eerder uit die mark te haal.

Meer oor:  Rawson  |  Huismark  |  Huispryse  |  Huis Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.