Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Te koop: Sprokiesplaas in middelland

’n Eiendom so reg uit ’n sprokie word in April deur In2assets op ’n veiling verkoop.

Die asemrowende Backworth Farm wat van 1924 dateer, word op 17 April deur In2assets op ’n veiling verkoop.

Backworth Farm wat van 1924 dateer, lê in die skilderagtige suidelike middelland van KwaZulu-Natal, sowat 25 km vanaf Camperdown.

Dié omgewing is ’n ware lushof wat gekenmerk word deur skaduryke lanings met geelhoutbome, krismisrose en asaleas.

Die eiendom van 26,4 ha is goed in stand gehou en die verbeterings bestaan uit twee groot opstalle, twee kothuise, 13 enkelverblyfeenhede en 19 stalle wat ook in verblyf omgeskakel kan word.

In2assets reken die eiendom kan die perfekte trou-venue of korporatiewe rusoord wees.

Benewens die treffende tuine met standbeelde, spog die eiendom met talle moderne geriewe, onder meer ’n swembad, ’n tennisbaan en ’n pergola. Die eiendom word verkoop saam met al die nodige toerusting wat gebruik word om dit in stand te hou.

Daar is talle ander aantreklike kenmerke wat getuig van die sorg waarmee die trotse eienaars die eiendom vir dekades lank gekoester het.

Die eiendom word op 17 April opgeveil. Vir meer besonderhede en ’n bondige bemarkingsbrosjure, kontak Carl Kleinhans by 082 467 5664 of besoek www.in2assets.com.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.