Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Thavhani Mall bring groot handelsname in
’n Lugfoto van die nuwe Thavhani Mall, wat teen R1 miljard in Thohoyandou in Limpopo uit die grond verrys.

Bouwerk aan die nuwe Thavhani Mall in Thavhani City in Thohoyandou in Limpopo vorder fluks en dié sentrum open in Augustus volgende jaar sy deure.

Thavhani Mall met ruimte van 50 000 m² word teen R1 miljard opgerig en sal ’n unieke inkopie-ervaring aan die gebied lewer.

Dié sentrum is die katalisator vir Thavhani City, ’n mega-ontwikkeling vir gemengde gebruik, wat op ’n perseel van 27 ha in Thohoyandou opgerig word.

Thavhani City, ’n gedeelde visie tussen Thavhani Property Investments en die Thulamela-munisipaliteit, gaan ook ’n kantoorpark, motorkomponent en private gesondheidsorggeriewe insluit.

Die visie vir dié sentrum is sewe jaar gelede deur plaaslike sakeman Khosi Ramovha van Thavhani Investments gevestig. Hy het die winkelsentrumontwikkelaars, Flanagan & Gerard Property Development and Investment aan boord gebring om die visie ’n werklikheid te maak. Die genoteerde Vukile Property Fund het ’n belang van een derde in die sentrum, wat teen voltooiing aan hom oorgedra gaan word.

“Dié sentrum open nuwe horisonne in Thohoyandou en sal die ekonomie stimuleer,” sê Ramovha. Die sentrum skep reeds werk terwyl dit in aanbou is en arbeid vanuit die plaaslike gemeenskap is ’n prioriteit.

Die sentrum gaan ’n verskeidenheid van goeie gehalte handelsname na Thohoyandou toe bring en dit sal help om kleinhandelbesteding in die gebied

te hou.

Die sentrum is teenaan die R524 geleë wat Louis Trichardt met Punda Maria verbind.

Dit gaan die grootste sentrum in Thohoyandou en in die Groter Thulamela-munisipaliteit wees. Dit gaan met 134 winkels spog en heelwat nuwe handelsname aan die streek bekend stel, insluitend Woolworths, HiFi Corp, Spur, Queenspark en Mr Price Home.

Die ankerhuurders is Woolworths, Edgars, Pick n Pay en Superspar.

Meer oor:  Limpopo  |  Winkelsentrums
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.