Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Tradehold kry pak oor sy wins meer as halveer
Tradehold se Waverley Mall winkelsentrum in die historiese middestad van Edinburg, Skotland.Foto: Moorgarth

Die uitgerekte Brexit-onderhandelinge wat sakevertroue in Brittanje ondermyn en die politieke spanning in aanloop tot die verkiesing in Suid-Afrika was die twee goed wat die afgelope boekjaar druk op die eiendomsbeleggingsgroep Tradehold geplaas het.

Sy wins vir die jaar het meer as gehalveer, en beleggers het Vrydag op die JSE gewys hulle hou nie van wat hulle sien nie. Die aandeelprys was teen laatoggend 9,8% laer op R11,50.

Tradehold, met Christo Wiese as voorsitter en groot aandeelhouer, sê egter hy skud sy vere reg deur skuld te verminder en niekernbates te verkoop, om gereed te wees vir wanneer marktoestande verbeter.

Tradehold het in die boekjaar tot einde Februarie sy finansiëledienste-belange ontbondel en op die JSE se AltX-beurs genoteer. Hy het ook ’n aanbod aanvaar van die beleggingsgroep I-Group Investments om van sy grootliks nywerheidsgeboue in Suid-Afrika vir R833 miljoen te koop in ruil vir ’n belang van 25,7% in die Collins-groep, waarin sy Suid-Afrikaanse eiendomsbates gesetel is.

Tradehold gaan die kontantinspuiting gebruik om sy hefboomfinansiering te verlaag en skuld op gunstiger voorwaardes te herstruktureer, sê Friedrich Esterhuyse, mede- uitvoerende hoof.

Dit sal sy wins in die toekoms verbeter, en hom toelaat om beter dividende aan aandeelhouers te kan uitkeer.

Tradehold wil hom nou net toespits op sy Britse en plaaslike eiendomme, en het besluit om al sy bates in Mosambiek, Botswana en Zambië te verkoop. Hy behou wel nog sy bates in Namibië.

Tradehold se inkomste het in die boekjaar van £101,5 miljoen tot £96,4 miljoen gekrimp.

Tradehold se inkomste het in die boekjaar van £101,5 miljoen tot £96,4 miljoen gekrimp, en sy totale wins het meer as gehalveer tot £13,3 miljoen van die vorige boekjaar se £30,8 miljoen. Tradehold verduidelik die laer wins is weens ’n netto verlies in die billike-waarde aanpasing van sy beleggingseiendom en verwante bates, asook die finansiëledienste-afdeling se wins wat nou nie meer bygetel word nie.

Die groep sê hy gaan in Suid-Afrika waar hy nou onder die Collins-handelsnaam sake doen hom op sy portefeulje van groot nywerheidsgeboue en pakhuise toespits. Dit verteenwoordig saam 91% of 1,41 miljoen vierkante meter van sy totale verhuurbare eiendom. Net 1,95% van die eiendom staan leeg.

Tradehold het boonop langtermynkontrakte met stewige maatskappye soos Sasol, Unilever, Massmart en Pep. Dié huurkontrakte het ’n gemiddelde termyn van meer as sewe jaar.

Terwyl die waarde van sy plaaslike eiendom effens afgeneem het weens die swakker rand en laer billike waardes, het die Britse eiendomsportefeulje gegroei van £250 miljoen tot £257 miljoen.

In Brittanje het Tradehold hard gewerk om sy vier groot winkelsentrums aan te pas by nuwe verbruikerspatrone weens die groei in aanlyn inkopies. Die winkelsentrums is omskep tot gemeenskapsgerigte omgewings waar mense nie net inkopies doen nie, maar ook ander dienste en vermaak geniet.

Moorgarth, sy handelsnaam in Brittanje, koop al meer eiendomme in Sentraal-Londen wat hy aanpas vir die mark vir gedienste kantoorruimte. Op die dak van sy Broad Street Mall in Reading buite Londen wil hy 493 woonstelle bou, en hy wag nog vir goedkeuring daarvoor. Moorgarth het ’n huurkontrak van 20 jaar met ’n Britse hotelgroep gesluit om ’n hotel langs die winkelsentrum te bou.

Moorgarth het ook goedkeuring gekry om in Edinburg sy Waverley Mall in die historiese gedeelte van die stad uit te brei.

Meer oor:  Tradehold  |  Sakevertroue  |  Wins  |  Brexit  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.