Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Tretchi se kuns haal R2,3 miljoen
After the Masquerade van Tretchikoff het vandeesweek R1 023 120 in Kaapstad behaal.

Vyf lotte kuns deur Vladimir Griegorovich Tretchikoff, die Russies gebore kunstenaar wat Suid-Afrika van 1946 af in rep en roer gehad het met sy skilderye, is vandeesweek vir altesame R2 324 756 deur Strauss & Co opgeveil.

Die skildery After the Masquerade, wat net meer as R1 miljoen behaal het, lyk baie na Tretchikoff se bekende Lost Orchid, wat in die besit van ’n Amerikaanse versamelaar is en waarvan ’n vervalsing in 2009 vir R2,9 miljoen in Kaapstad verkoop is.

’n Landmeter van Riversdal met besonder hoë agting vir Tretchikoff se werk het hom in 1952 by sy ateljee in Kaapstad besoek. Daar het hy die pas voltooide After the Masque­rade gesien en dit vir 125 ghienies gekoop. In vandag se geldwaarde sou dit ongeveer R125 000 wees.

Die koper se vrou was hewig ontsteld omdat haar man soveel vir die kunswerk betaal het. Hy het haar toe beloof om geen sterk drank meer te drink nie en het tot sy dood by sy belofte gehou.

Vis van ametis is Tretchikoff se enigste beeldhouwerk.
Tretchikoff het dié halssnoer vir sy vrou, Natalie, ontwerp.

Die landmeter was die enigste eienaar van die kunswerk, totdat dit nou op die veiling beland het.

Tretchikoff se enigste beeldhouwerk, Vis van Ametis, is vir R353 776 opgeveil. Die afslaer se waardasie was hoogstens R150 000.

Die halssnoer wat Tretchikoff vir sy vrou, Natalie, van ametis en goud ontwerp en laat maak het, het R159 152 behaal hoewel die waardasie van Strauss & Co slegs R70 000 was.

* Stuur gerus veilingnuus aan kultuurkroniek@gmail.com.

Meer oor:  Marthinus Van Bart  |  Kunsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.