Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Trou-handsak nou fortuin werd
Die handsak wat Louis Vuitton ter viering van die troue van die hertog en hertogin van Sussex (Harry & Meghan) ontwerp het, gaan ’n fortuin haal op ’n komende veiling in Londen. Daar is slegs 85 van die handsakke in vier style gemaak. Foto: The Pedestal

’n Handsak wat Louis Vuitton ter viering van die troue van die hertog en hertogin van Sussex (Harry & Meghan) ontwerp het, gaan ’n fortuin haal op ’n veiling later die maand.

Dié handsak, ’n sogenaamde “Speedy”-model, waarvan daar ’n beperkte getal gemaak is, kan meer as £6 000 (sowat R114 749) haal op die afslaer The Pedestal se veiling in Knightsbridge in Londen.

Die sak het ’n koper nuut £1 340 uit die sak gejaag.

Daar is slegs 85 van die sakke in vier style gemaak.

Die afslaer meen dit is dié item wat soos soetkoek gaan verkoop, veral onder versamelaars wêreldwyd, wat weet dat die waarde daarvan in komende jare net gaan klim.

Besonderse handsakke is die nuutste versamelaarsitem wat deel raak van kunsafslaers se verkopings.

Die huidige wêreldrekord vir ’n handsak word gehou deur Hermés se Birkin-handsak van krokodilleer, wat in Junie 2016 ’n allemintige £208 250 op ’n veiling in Hongkong gehaal het.

Dit is toe deur Christie’s as die skaarsste, gesogste handsak nóg bestempel.

Daar word jaarliks slegs een tot twee van die sakke gemaak.

Meer oor:  Louis Vuitton  |  Prins Harry  |  Hong Kong  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.