Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Tydkapsule-motor opgeveil

’n “Tydkapsule”-Ford Fiesta van 1978, wat nooit geregistreer is nie en sedert nuut slegs 141 myl (227 km) afgelê het, word in Februarie op H&H Classics se eerste regstreekse aanlyn veiling verkoop.

Die luikrugmotor se merkwaardige verhaal van behoud spruit daaruit dat dit van 1980 tot 2017 by The Science Museum in Londen uitgestal is.

Dit gaan na verwagting vir tussen £6 500 en £8 500 verkoop.

Damian Jones, hoof van verkope by H&H Classics, sê dit is ’n oorspronklike en outentieke Ford Fiesta en enig in sy soort.

“Dit is waarskynlik die Ford Fiesta MK1 wat die minste myle nóg afgelê het.”

Die “tydkapsule”-Ford Fiesta van 1978, wat nooit geregistreer is nie en sedert nuut slegs 141 myl (227 km) afgelê het. Op die inlas is die instrumentpaneel van die motor. Foto’s: H&H Classics

Die motor is in Julie 1978 vervaardig en nuut aan ’n Londense handelaarskap verskaf. Voordat die motor nog vir padgebruik geregistreer kon word, is dit deur die museum aangeskaf.

Dit het dekades lank deel uitgemaak van ’n mediese geskiedenis-galery, waar gewys is hoe bystand-tegnologie kan help om ’n bejaarde in en uit ’n motor te help.

Die motor word op 2 Februarie aanlyn verkoop.

Meer oor:  Motor  |  Veteraanmotors  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.