Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Unieke kans in Bosveld vir ontwikkeling te kry
Die Kubu Kwena-rivierlandgoed naby Marble Hall in Limpopo, ’n unieke ontwikkelingsgeleentheid met 146 voltitel-erwe, word deur Reliance Auctions opgeveil.

Reliance Auctions veil in November die Kubu Kwena-rivierlandgoed van 72 ha in die Bosveld naby Marble Hall in Limpopo op.

Kubu Kwena is die Sotho-woorde vir seekoei en krokodil.

Die landgoed, sowat 25 km vanaf Marble Hall en Groblersdal, bied ’n unieke ontwikkelingsgeleentheid. Dit front vir 1,5 km aan die Olifantsrivier en bied 146 voltitel-erwe, wat in grootte tussen 1 000 m² en 2 000 m² wissel. Inwoners kry toegang tot die reeds gevestigde klubhuis, restaurant, lodge, onthaalarea en rivierbote.

Die eiendom is omring deur ruie bosveld met voldoende water en pompregte. Daar is ’n magdom wild, onder meer seekoeie, krokodille, sebras, waterbokke, blouwildebeeste en duikers.

Die eiendom is die laaste ontwikkeling van sy soort wat goedgekeur is in die area en daar is geen ander privaat grond aan die Olifantsrivier beskikbaar nie.

Die streek het ’n groot plaasgemeenskap en daar is ’n stewige vraag na ’n veilige landgoedleefstyl in die Bosveld. Reliance Auctions sê die naaste soortgelyke residensiële ontwikkeling is in Marble Hall en dit is byna uitverkoop.

Die veiling word op 19 November om 12:00 by The Country Club in Lincoln-straat in Woodmead gehou.

Vir meer besonderhede, bel Reliance Auctions by 011 234 6364 of besoek www.relianceauctions.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.