Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Urine-tot-kunsmis by Exxaro-gebou

Innoverende tegnologie van die Universiteit van Kaapstad (UK) is in die nuwe hoofkantoor van die myngroep Exxaro in Centurion geïnstalleer is. Dit versamel urine wat in kunsmis omskep word.

Growthpoint
Exxaro se nuwe hoofkantoor in Centurion wat deur Growthpoint ontwikkel is.

Die siviele ingenieur Craig Flanagan het by die UK die tegnologie ontwerp om kunsmis uit urine te vervaardig.

Dit behels ’n urinaal met kalsiumhidroksied wat kalsiumfosfaat uit die urine haal. Kalsiumfosfaat is ’n belangrike bestanddeel van kunsmis wat wêreldwyd in die landbou gebruik word. Natuurlike fosfaatreserwes raak uitgeput en sommige navorsers waarsku dit kan binne die volgende 50 jaar uitgeput wees.

Flanagan het in 2017 die Greenovate-toekenning met dié tegnologie gewen en het dit reeds by urinale in die UK se ingenieursgebou getoets. By een urinaal is 100 liter in 22 dae versamel en 11 gram kunsmis per kg urine is geproduseer. Meer as 97% van die fosfaat in die urine kon as kalsiumfosfaat herwin word.

Die probleem met die onwelriekendheid van opgebergde urine is opgelos deur die pH-vlakke met kalsiumhidroksied te manipuleer.

Dr. Dyllon Randall, senior lektor in die UK se departement siviele ingenieurswese, sê die tegnologie toon aansienlike potensiaal vir die herwinning van nuttige materiaal van tipiese afvalstrome soos urine. “Dit beteken daar hoef minder fosfaatrots gemyn te word en dit word geskep deur ’n volhoubare en omgewingsvriendelike proses,” het Randall in ’n verklaring gesê.

Die projek het reeds groot internasionale blootstelling gekry, luidens ’n verklaring van die UK. Dit het onlangs finansiering van meer as R5,56 miljoen ontvang van Brittanje se Royal Society se Future Leaders African Independent Research-projek.

Die Exxaro-hoofkantoor, wat deur die eiendomsgroep Growthpoint ontwikkel is, toets ook 'n watervrye urinaal vir vroue. 

Meer oor:  Growthpoint  |  Exxaro  |  Urine  |  Tegnologie  |  Universiteit Van Kaapstad  |  Ingenieurswese  |  Navorsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.