Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Val de Vie gaan van krag tot krag

Nagenoeg 13 jaar nadat Val de Vie in die Paarl/Franschhoek-vallei in die Kaapse Wynland gevestig is, gaan die bekroonde leefstylontwikkeling steeds van krag tot krag.

Die vraag na eiendom in die landgoed bly sterk en erwe in die jongste ontwikkeling, The Acres, verkoop fluks.

’n Lugvoorstelling van die nuwe The Acres-ontwikkeling in die bekroonde Val de Vie-leefstyllandgoed in die Boland.

The Acres is op 6 Desember verlede jaar bekend gestel en in die daaropvolgende maand is 25 van die 120 erwe teen altesaam R85 miljoen opgeraap. Die erwe wissel in grootte tussen 700 m² tot 4 040 m² en van die groter erwe bied die geleentheid om perde aan te hou en wingerde, vrugteboorde en groentetuine te hê.

Daar is ook ’n handvol erwe van 1 ha elk beskikbaar.

The Acres lê aan die Pearl Valley-kant van die landgoed. Val de Vie het in 2016 die aangrensende Pearl Valley-ontwikkeling gekoop en dit suksesvol as deel van die Val de Vie-landgoed van 1 000 ha geïnkorporeer.

Die groot oop ruimtes van The Acres skep volgens die ontwikkelaar ’n gevoel van ’n ware landelike leefstyl en is naby aan die Pearl Valley Jack Nicklaus Signature-gholfbaan geleë.

Die pryse van die erwe begin by R1,7 miljoen en daar word aan ’n konsep vir ontwerper-plot-en-plan-huise gewerk. Die verkoopspryse sal by R5,5 miljoen begin.

’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe een van die huise in The Acres in Val de Vie gaan lyk.

Met dié huise word beoog om ’n unieke kinkel in die bestaande argitektoniese styl van die landgoed te bring.

Ryk Neethling, Val de Vie se bemarkingsdirekteur en ’n aandeelhouer in die landgoed, sê heelwat van die aankope is gesinne met kinders wat koop vir eie gebruik. Hoewel die meeste kopers in die landgoed van Gauteng afkomstig is, was 70% van die navrae die afgelope feestyd afkomstig van buitelanders.

Die landgoed tel onder die toptien- voorste landgoedere in Suid-Afrika en bied aan inwoners toegang tot geriewe van wêreldgehalte. Dit word ook as die veiligste landgoed in Afrika bestempel.

Laat verlede jaar het die landgoed se derde leefstylsentrum, The Yard, sy deure geopen en Neethling sê dit het sy stoutste verwagtings oortref. Dié sentrum, wat teen ’n koste van R110 miljoen opgerig is met ’n hipermoderne fiksheidsentrum van 1 000 m², ’n Olimpiese grootte buitelugswembad, kantore en ’n re­staurant van die gevierde sjef Reuben Riffel, is met ope arms deur inwoners verwelkom.

Die leefstylsentrum is aanvullend tot onder meer polovelde, perdrygeriewe, ’n spa, ’n wynkelder en die Pearl Valley Hotel, waarvan die tweede fase onlangs bekend gestel is.

Volgens Neethling is Val de Vie se groot trekpleister die diverse aanbieding van huisvesting, van intreevlakhuise tot luukse gesinswonings en ’n aftreeontwikkeling.

Meer oor:  Val De Vie  |  Franschhoek  |  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.