Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
‘Van Gogh se wapen’ vir R2,6 m. verkoop

’n Geroeste vuurwapen wat die Nederlandse kunstenaar Vincent van Gogh glo gebruik het om homself te skiet, is vir $182 000 (sowat R2,6 miljoen) op ’n veiling in Parys verkoop – amper drie keer meer as wat aanvanklik geraam is.

’n Private versamelaar het volgens Art Auction per telefoon op die rewolwer, wat as die bekendste vuurwapen in die geskiedenis van kuns beskryf is, gebie.

Die Van Gogh-rewol-wer, wat deur ’n tele-foonbieër op ’n veiling gekoop is. Foto: AP

’n Boer het die rewolwer in 1965 in die veld by Auvers-sur-Oise, ’n dorp naby Parys, gevind waar Van Gogh sy laaste dae deurgebring het. Dit was min of meer die regte ouderdom en het dieselfde kaliber patroon gebruik as waarmee die kunstenaar homself geskiet het.

Twyfel is wel uitgespreek oor of dit die oorspronklike wapen is.

Die gekwelde Van Gogh het op 27 Julie 1890 naby Auvers-sur-Oise in die veld in geloop en homself in die bors geskiet. Die klein rewolwer was nie baie kragtig nie en Van Gogh is eers dae later aan sy beserings dood.

Meer as sewe dekades later is die verweerde rewolwer gekry in die veld agter die huis waar hy gewoon het.

’n Selfportret van Vincent van Gogh.Foto: Wikipedia

Ontleders meen die wapen was tussen 50 en 80 jaar in die grond.

Twyfel is wel uitgespreek oor of die rewolwer, wat voorheen in die Van Gogh-museum in Amsterdam gehou is, die werklike wapen is waarmee hy hom geskiet het.

Die Van Gogh-instituut, wat na die huis omsien waarin hy sy laaste dae deurgebring het, het kritiek teen die veiling uitgespreek.

“Niks dui daarop dat die oorblyfsels (van die rewolwer) formeel met Van Gogh se dood verbind kan word nie,” lui ’n verklaring, waarin die “kommer­sialisering van ’n tragedie wat meer respek verdien”, betreur word.

Art Auction, wat die wapen verkoop het, erken geen waarborg bestaan dat dit dieselfde rewolwer is nie, maar sê die datums stem ooreen.

“Tegniese toetse op die wapen het gewys dit is gebruik en dui aan dat dit ’n tydperk in die grond was wat saamval met 1890,” sê hy.

“Al die leidrade gee geloofwaardigheid aan die teorie dat dit die wapen is wat vir die selfdood gebruik is.” – News24, BBC, TimesLive

Meer oor:  Veiling  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.