Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Van Gogh-skildery haal R231 m. op veiling

Een van die laaste skilderye van Vincent van Gogh in private besit is Donderdag vir 13,1 miljoen opgeveil.

Personeel van die afslaer Sotheby’s hou Vincent van Gogh se skildery 'Straattoneel in Montmartre' vas. Dit is pas vir nagenoeg R231 miljoen verkoop. Foto: AP

Dis meer as R231 miljoen in vandag se wisselkoers.

Die skildery, Straattoneel in Montmartre, is ’n toneel van dié deel van Parys wat Van Gogh in om en by 1887 geskilder het terwyl hy by sy broer, Theo, in die Franse hoofstad gewoon het.

Dis geskilder voordat hy met ekspressionisme begin eksperimenteer het en die kenmerkende helderkleurige skilderye in sy laaste jare geskilder het.

Sotheby’s, wat die veiling behartig het, het tussen 5 miljoen en 8 miljoen verwag.

Die bod was ’n rekord vir ’n skildery van die kunstenaar in Frankryk, maar nie van ’n Van Gogh-skildery as sodanig nie.

Die vorige Van Gogh wat op ’n openbare veiling verkoop is, Arbeider in ’n veld, het in 2017 in New York $81 miljoen (sowat R1,21 miljard) gehaal.

Die algehele rekord vir ’n Van Gogh was die $82,5 miljoen (sowat R1,24 miljard) wat sy Portret van dr. Gachet in 1990 gehaal het.

Leonardo da Vinci se 'Salvator Mundi' - die duurste skildery nóg. Foto: Reuters

Volgens Wikipedia is dit 16de op ’n ranglys van duurste skilderye wat al verkoop is (sien kassie hieronder).

’n Tegniese probleem met die aanlyn bodstelsel het ’n paar miljoen van die prys gestroop. Dis aanvanklik vir 14 miljoen (sowat R147 miljoen) verkoop, maar moes toe weer onder die hamer kom.

Die skildery was meer as ’n eeu in die private versameling van ’n Franse gesin en is nog nooit in die openbaar uitgestal nie.

Die naam van die koper is nie bekend gemaak nie.

Van Gogh het ’n reeks tonele geskilder in Montmartre – die distrik waarin die bekende Katolieke kerk Sacré Coeur geleë is.

Toe Van Gogh die skildery gemaak het, was bouwerk aan Sacré Coeur in volle gang – dit is in 1875 begin en eers in 1914 voltooi, volgens Wikipedia. Van Gogh het van 1886 tot 1888 in Parys gewoon.

Hy het die “vinnige pas” van die stadslewe gehaat en na die suide van Frankryk verhuis. Dis hier waar hy ’n deel van sy oor afgesny het in wat nou as ’n tyd van geestesongesteldheid beskou word.

Hy het homself op 29 Julie 1890 naby Parys doodgeskiet. Hy was 37 jaar oud.

Bronne: Sotheby’s, Reuters, Wikipedia

Die 5 duurste skildery nóg

1. Leonardo da Vinci se Salvator Mundi (omstreeks 1500): $450,3 miljoen in 2017

2. Willem de Kooning se Interchange (1955): Sowat $300 miljoen in 2015

3. Paul Cézanne se Die Kaartspelers (1892-’93): Meer as $250 miljoen in 2011

4. Paul Gauguin se Wanneer trou jy? (1892): $210 miljoen in 2014

5. Jackson Pollock se Number 17A (1948): Net minder as $200 miljoen in 2015

Meer oor:  Sotheby's  |  Vincent Van Gogh  |  Veilings  |  Kunsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.