Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Veelsydige eiendom te kry

’n Veelsydige kommersiële eiendom in die hart van Randfontein word volgende week deur Park Village Auctions (PVA) op ’n veiling verkoop.

Dié veelsydige kommersiële eiendom in Randfontein word volgende week deur PVA opgeveil.

Stephen Benjamin van PVA sê die eiendom het ’n prominente ligging in West Porges se hoofkleinhandel-spilpunt. “Dit is ’n hoogs veelsydige eiendom, wat byval sal vind by beleggers of
eienaarokkupeerders.”

Die eiendom in Hoofrifweg, Randfontein, is goed in stand gehou en geniet goeie sigbaarheid in die besige straat.

Albei die verdiepings van die dubbelverdiepinggebou is oopplan en die huidige sonering maak dit moontlik om drie bykomende verdiepings aan te bou.

Daar is twee hoofingange, wat beteken dat die eiendom maklik in twee afsonderlike winkels of kantore verdeel kan word. Benjamin sê die eiendom is geskik vir ’n klomp gebruike danksy die uitleg, posisie en toegang vanaf die hoofroetes.

“Dit is ideaal vir ’n groothandel-afsetpunt en ’n vermaaklikheidsentrum.” Dit kan selfs in residensiële eenhede omgeskakel word of as ’n stoorgerief gebruik word, sê hy.

Die eiendom word op 8 November om 11:00 op die perseel opgeveil. Om die potensiaal van die eiendom te ontgin, stel Benjamin voor dat moontlike beleggers ’n afspraak maak om die eiendom te besigtig. Hy kan gebel word by 082 577 9737.

Vir meer inligting bel PVA by 087 160 0521 of besoek www.parkvillageauctions.co.za.

Meer oor:  Randfontein  |  Eiendomme  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.