SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Eiendomme
Veilige dak oor jou kop – só verseker dié landgoed dit

Min dinge is deesdae so belangrik soos die gemoedsrus van ’n veilige huis in ’n omgewing waarin jou kinders sorgvry kan speel en jy die buitelug kan geniet, meen eiendomskenners.

As gevolg van hierdie groeiende behoefte aan ’n veiliger en rustiger woonomgewing in Suid-Afrika, het veral beveiligde landgoedontwikkelings die afgelope paar jaar aansienlik in Suid-Afrika toegeneem.

Foto: Verskaf

Goeie sekerheid is die fokuspunt van dié landgoedere en dra daartoe by dat eiendomme in hierdie ontwikkelings gewoonlik vinnig opgeraap word sodra dit beskikbaar word.

Op die luukse Bolandse landgoed Val de Vie is dit ’n topprioriteit om die beste veiligheid aan sy inwoners te bied, sê Ryk Neethling, bemarkingsdirekteur van Val de Vie, in ’n verklaring.

Dié landgoed was een van die eerste residensiële landgoedere in die land waar biometriese toegangsbeheer op die perseel geïmplementeer is.

Volgens Neethling bly hulle daartoe verbind om gevorderde sekerheidstegnologie en -prosedures toe te pas ten einde te verseker dat Val de Vie sy reputasie as die veiligste landgoed in Afrika behou. Dít dra alles daartoe by dat Val de Vie se inwoners werklik gemoedsrus het dat die omgewing waarin hulle woon, veilig is.

Stap, draf, fietsry en perdry vorm alles deel van inwoners se daaglikse aktiwiteite, terwyl die kinders buite speel, met die honde gaan stap of in die dammetjies op die landgoed probeer visvang.

Die landgoed word egter só beveilig dat dit nie op inwoners se privaatheid inbreek maak nie.

Val de Vie se splinternuwe aftreeontwikkeling, Val de Vie Evergreen, is reg in die hartjie van die landgoed geleë. Hier kan die inwoners van 60 jaar en ouer ’n rustige en veilige aftrede geniet.

“Om op ’n landgoed te woon, skakel die spanning uit wat gewoonlik met ander woongebiede gepaardgaan waar die misdaadvoorkomingsmaatreëls onvoldoende is,” lui die verklaring.

Hoe doen hulle dit?

Volgens Neethling is die maatstaf vir veiligheid en sekerheid op Val de Vie gestel toe The Polo House op die landgoed in 2015 as die veiligste huis in Afrika op die International Property Awards aangewys is.

Die landgoed word egter só beveilig dat dit nie op inwoners se privaatheid inbreek maak nie.

Streng toegangsbeheer word by al die ingange op die landgoed toegepas, terwyl meer as 100 intelligente termiese Bosch-kameras ingespan word om ’n fyn oog op ’n omtrek van 11,2 km te hou.

Dít vorm deel van die landgoed se eerste vlak van veiligheid. Sou enigiemand daar probeer inkom, sal dit die alarms in die beheerkamer, sowel as in ’n afsonderlike moniteringsentrum op ’n ander perseel aktiveer.

Dit help Val de Vie se sekerheidspersoneel om onmiddellik ondersoek in te stel deur middel van die kringtelevisiestelsel en te reageer.

Buiten vir die tegnologie wat ingespan word, is daar ook ’n hoogs opgeleide reaksiespan wat op die landgoed gestasioneer is en bykomende weerstand kan bied indien enigiemand die landgoed onwettig probeer betree.

Om die landgoed self is ’n 2 m hoë geëlektrifiseerde smeedyster-heining. Beton is onder meer onder die heining gegooi om te voorkom dat gate onderdeur gegrawe kan word.

Volgens Neethling het die landgoed ook vennootskappe met die plaaslike polisie en ander veiligheidsforums in die gebied aangegaan.

Val de Vie Evergreen: Só vorder dit

Die bouwerk vorder goed en die skouhuis sal van Oktober vanjaar besigtig kan word.

Skakel 021 863 6105 of stuur e-pos na evergreen@valdevie.co.za vir ’n afspraak.

Meer oor:  Veiligheid  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.