Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Veiling bring lig vir dié in duister weens beurtkrag

Vir Suid-Afrikaners wat die laaste tyd deur beurtkrag in die donker gelaat is, kan Old Johannesburg Warehouse Auctioneers se veiling die naweek ’n blink lig wees.

Die besonderse metaal-standbeeld, The Protector, is deur die kunste­naar Neil le Roux van gebruikte motoronderdele gemaak.

Op Saterdag 30 Maart begin die veiling om 09:00. 450 lotte meubels, ’n groot verskeidenheid silwer, keramiek, klassieke speelgoed, matte, ’n verskeidenheid staanhorlosies en versamelbare boeke word aangebied.

Daarna begin die kunssessie om 14:00. ’n Eklektiese seleksie van tradisionele en kontemporêre kuns deur onder andere JH Pierneef, Frans Claerhout, Wil­liam Kentridge, Hennie Niemann (jr), Allen Hallett, Bill Ainslie, Gregoire Boonzaier en Christiaan Nice gaan onder die hamer kom. Ingesluit is ’n groot verskeidenheid Suid-Afrikaanse kunsboeke.

Op Sondag 31 Maart begin die “skattejag” om 09:00 met ’n troef van items wat die veilinggangers ure lank besig sal hou. Die sessie vir alleenstaande juweliersware en horlosies begin om 13:00 met ’n groot aantal glinsterende lotte. Ringe wat met diamante, saffiere, robyne en smaragde getooi is, tennisarmbande, halssnoere en meer word aangebied. ’n Platinumring met ’n diamant van 1,86 karaat word spesiaal vermeld. Horlosie-versamelaars kan kies tussen Rolex, Breitling, Panerai, Longines, Tag Heuer en Omega. In die sessie is ook ’n paar klassieke ontwerpershandsakke deur Louis Vuitton, Fendi, Paris Hilton, Gucci, Salvatore Ferragamo en meer.

Besigtiging vir die veiling is oop Donderdag 28 en Vrydag 29 Maart vanaf 08:30 tot 16:00. Op veilingsdae is dit oop vanaf 08:00 tot die veiling om 09:00 begin. Veilige, bewaakte parkeerplek is beskikbaar oorkant die pad van die pakhuis. Registrasie vir die veiling is gratis. Alle katalogusse kan aanlyn op die webwerf www.oldjwauctioneers.com besigtig word. Vir meer inligting kontak 011 836 1650 of by info@oldjwauctioneers.com.

Hennie Niemann (1972 -) se Mythical Conversation, wat na verwagting tussen R120 000 en R180 000 op Old Johannesburg Warehouse Auctioneers se veiling die komende naweek gaan haal.
Meer oor:  Beurtkrag  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.