Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Veiling van ou motors: Dié wiele moet rol

Old Johannesburg Warehouse-afslaers se eerste veiling van die jaar van motorgedenkwaardighede, klassieke motors en motorfietse beloof om versamelaars eerskomende naweek vasgenael te hou.

Dié Rolls-Royce is een van die klassieke motors wat eerskomende naweek deur Old Johannesburg Warehouse-afslaers opgeveil word.

Net onder 100 ongelooflike motorfietse en klassieke motors kom op 23 Februarie om 12:30 na die veilingvloer.

Rolls-Royce, Ford Mustang, BMW, Laverda, MGB GT, Royal Enfield, Ducati, Aprilia, VW-kewers en -Kombi’s, Camaro, Vespa en Shelby Cobra is van die name onder die bykans R10 miljoen se motors.

Die veiling begin om 09:00 met 250 lotte meubels, waaronder groot bedryfstukke, skaars 19de eeuse houtperde en ’n olifant, drie unieke winkelrakke van ’n Fordsburg-winkel, Victo­riaanse en Georgiaanse stukke asook ’n paar stoele met voetstoele in die Barcelona-styl.

Die kunssessie begin om 14:00 met ’n keur van tradisionele en eietydse Suid-Afrikaanse en internasionale kuns deur kunstenaars soos J.H. Pierneef, Johan Oldert, Diane Victor, Gregoire Boonzaier en Gabriel de Jongh. Talle kunsboeke word ook in dié afdeling te koop aangebied.

Op 24 Februarie begin die veiling om 09:00 met ’n skatkis van versamelaarsartikels.

Om 13:00 begin die juweliersware- en horlosiesessie met 350 glinsterende lotte. Van spesiale vermelding is ’n pragtige diamant-tennisarmband van 6 kar., ’n diamantring van 3,29 kar. geset in platinum, asook twee groot akwamaryne (’n 56 kar.-hanger en ’n 24 kar.-ring, albei gesertifiseer).

Vir die horlosieversamelaars wink ’n Ro­lex Submariner, asook handelsname soos Patek Philippe, Breitling, Lon­gines, Cartier, Tag Heuer en Omega. ’n Paar klassieke ontwerperstukke van Louis Vuitton en Paris Hilton is ook in dié sessie te kry.

Veilige, bewaakte parkeerplek is beskikbaar oorkant die pad vanaf die pakhuis in Selby. Vir meer inligting, besoek oldjwauctioneers.com, skakel 011 836 1650 of stuur ’n e-pos na info@oldjwauctioneers.com.

Meer oor:  Motorveilings  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.