Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Verband vroeg afbetaal? Daar is nadele ook
Ja of nee? Besluit of dit in jou beste belang is om jou huisverband vinnig af te betaal. Foto: iStock

Met Statistieke Suid-Afrika se onlangse aankondiging dat ’n groot persentasie verbruikers hul huislenings afbetaal het, sal baie huiseienaars dit waarskynlik oorweeg om hul verbande vroeg af te betaal.

Voordat jy finaal besluit, is dit egter belangrik om aan te klop by ’n deskundige of finansiële adviseur en te kyk na jou persoonlike finansiële doelstellings, sê Calvin Ndlovu, bedryfshoof by FNB Huislenings.

Daar is nie ’n regte of verkeerde antwoord op die vraag nie, sê hy. Daar is egter wel ’n aantal voordele en nadele wat ’n mens in berekening moet bring.

Voordele van verband vroeg afbetaal

  • Dit sal jou baie rente bespaar. As jy oor 20 jaar teen ’n rentekoers van 10,25% elke maand R50 meer betaal, bespaar jy R26 111,86 aan rente en betaal jy jou lening nege maande vroeër af. (Kyk ook na die grafiek hieronder.)
  • As jy naby aftrede is, is dit raadsaam om jou verband af te betaal sodat jy nie met skuld aftree nie.
  • As daar enige risiko is dat jy jou werk kan verloor, as jy vir jouself werk of op ’n kontrak aangestel is, is dit ook ’n goeie plan om die dak oor jou kop so gou as moontlik af te betaal.
  • As jou huislening afbetaal is, sal jy meer besteebare inkomste hê wat jy kan belê, hetsy vir korttermyndoeleindes soos ’n vakansie of langtermyndoelwitte soos jou aftrede.
  • As jy jou huislening afbetaal, kan jy nie in die versoeking kom om dit as jou persoonlike spaarvarkie te gebruik om leefstylskuld, vakansies of ander luukses te betaal nie.

Nadele van verband vroeg afbetaal

  • Omdat ’n huislening gewoonlik die goedkoopste soort skuld is, kan jy baie rente bespaar deur eers persoonlike lenings, krediet- en winkelkaarte en motorfinansiering af te betaal.
  • As jy die eiendom verhuur, kan jy op belasting bespaar omdat die rente op jou verband belastingaftrekbaar is.
  • Na gelang van jou doelstellings en ander beleggings, kan dit beter wees om te diversifiseer deur jou geld elders te spaar en te belê.
  • ’n Huisverband gee jou onmiddellike toegang tot skuld teen ’n lae rentekoers wat vir opknapping of persoonlike kontantvloeibestuur gebruik kan word, wat wegval as jy dit afbetaal.
  • Eiendomsbeleggers kan die ekstra kontant in hul verband gebruik as ’n deposito op ’n ander eiendom en steeds toegang tot geld in die verband hê.
  • Jy sal aanspreeklik wees vir verbandkansellasiegelde en moontlike addisionele rente as jy nié jou bank 90 dae vooruit in kennis stel dat jy beplan om jou verbandrekening te sluit nie.
Meer oor:  Fnb  |  Huisverband  |  Huislening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.