Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Verkope begin op ’n hoë noot

Verkope van nuwe voertuie het die jaar op ’n hoë noot begin.

Volgens die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa) se syfers het middelgrootte- en swaarvoertuie verbasende groei van onderskeidelik 24,6% en 6,5% behaal, ná jare van gedempte groei.

’n Lugfoto van PVA se vragmotorwerf by Nasrec in Johannesburg.

Dit kan toegeskryf word aan bevolkingsgroei en verstedeliking.

LeRoy Augustyn, hoof van Park Vil­lage Auc­tions (PVA) se bate­herwinningsafdeling, bespiegel dat die groei ook as gevolg van wydverspreide vlootvernuwing is omdat eienaars vir jare lank hul bates laat sweet het en nou voel die tyd is reg vir vernuwing en opgradering.

Park Village Auctions verwag ’n klein skare by sy komende maandeinde-voertuigveiling.

Hy sê die vraag na kommersiële voertuie is voor die hand liggend en nie beperk tot die verkope van nuwe voertuie nie. “Dit is tipies vir dié tyd van die jaar namate vlootbestuurders in rat kom vir die nuwe boekjaar.”

Hy sê hoewel dit voorkom asof vervoer- en logistieke ondernemings in die geheel goed vaar, draai kopers steeds hul sente versigtig om as hulle ’n vloot opgradeer.

PVA is slaggereed vir sy volgende kommersiële voertuigveiling wat op 28 Februarie gehou gaan word,

Dié veiling bied ’n verskeidenheid van vragmotors, sleepwaens en landbou- en geelmetaal-toerusting.

Onder die vastebakvragmotors tel handelsname soos MAN, Mitsubishi, Nissan, Toyota Dyna en Hino. Voorspanmotors sluit in handelsname soos International, Mercedes-Benz, Freightliner, Iveco en Scania.

Verder is daar ook ’n verskeidenheid sleepwaens en grondverskuiwingstoerusting.

  • Die veiling begin om 10:30 by PVA se vragmotorwerf by Nasrec in Johannesburg.
  • Besigtiging vind op 27 Februarie tussen 09:00 en 16:00 plaas.
  • Vir meer inligting bel PVA by 011 789 4375 of besoek www.parkvillageauctions.­co.za.
Meer oor:  Naamsa  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.