Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Versamel kuns met ’n muisklik

Meer as 300 items van kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns en skaars plaaslike en internasionale kunsboeke kan met die klik van ’n knoppie op Aspire Art Auctions se aanlyn veiling gekoop word.

Sam Nhlengethwa se Discussing Jazz At The Shebeen (2009) wat op As­pire Art Auctions se aanlyn veiling te kry is

Dié veiling duur van 4 tot 11 September en sluit kunswerke in van onder andere William Kentridge, Robert Hodgins, Marlene Dumas, Walter Battiss, Diane Victor, Deborah Bell, David Goldblatt, Johann Louw, Norman Katherine. Een van die hoogtepunte is Sam Nhlengethwa se Discussing Jazz At The Shebeen, wat na verwagting vir tussen R15 000 en R20 000 gaan verkoop.

Besoek www.aspireart.net vir inligting en om te registreer om te bie. Belangstellendes kan Aspire se App aflaai en ’n rekening skep.

Al die verkope van die kontemporêre kunswerke op die veiling is onderworpe aan die kunstenaars se herverkoopregte. Aspire Art Auc­tions is die eerste en enigste afslaer in Suid-Afrika wat tantieme aan lewende kunstenaars betaal vir die herverkoop van hul werke op sy veilings. Tot nou het Aspire Art Auctions byna R400 000 se tantieme aan meer as 90 Suid-Afrikaanse kunstenaars betaal.

Meer oor:  Kunsveiling  |  Veiling  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.