Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Versamelaarsdroom te kry

’n Uiters skaars 1936-Bentley Vanden Plas-toermotor gaan op 20 Maart deur H&H Classics by die Duxford-oorlogsmuseum in Engeland van die hand gesit word.

Daar word verwag dat die “slapende skoonheid” vir tussen £150 000 en £200 000 gaan verkoop.

Dié klassieke motor is een van slegs ses W.O. Bentley-motors met ’n 4,5 liter-enjin, wat in 1936 met nuwe “ou” onderdele vervaardig is, vyf jaar nadat Bentley deur Rolls-Royce oorgeneem is. Die onderdele het saam met die oorname gekom en Nobby Clarke en Hubert Pike het besluit om dit te gebruik om nuwe W.O. Bentleys mee te vervaardig. Die meganiese onderdele dateer van 1931.

Die motor het slegs twee eienaars gehad sedert dit nuut gekoop is en die huidige eienaar besit dit sedert 1952. Hy het dit toe vir ’n skamele £260 gekoop.

Damian Jones, Hoof van verkope by H&H Classics, sê die motor is ’n wonderlike vonds, veral in die lig daarvan dat dit vandag byna onmoontlik is om een by een van die oorspronklike eienaars te koop.

Dié uiters skaars 1936-Bentley Vanden Plas-toermotor gaan op 20 Maart deur H&H Classics by die Duxford-oorlogsmuseum in Engeland van die hand gesit word. Links is die paneelbord van die klassieke Bentley. Foto’s: H&H Classics

“Van die ses modelle wat in 1936 vervaardig is, is die motor die enigste een met sy oorspronklike bakwerk, wat dit uiters uniek maak.”

Die motor is dus ’n eenmalige koopgeleentheid vir Bentley-aanhangers wat dit tot sy voormalige glorie wil opknap.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.