Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Verwelkom ons werklik met ope arms?

Gustaf Pienaar het pas teruggekeer van ’n vakansie in onder meer die Drakensberge en die Kamdeboo Nasionale Park, en vertel van ’n Nederlandse paartjie wat hy teëgekom het wat met hul kampeerwa oor die wêreld heen toer.

Skets: Hanlie Malan

Ons is terug ná ’n verkwiklike vakansie in die Drakensberge. Natal is groen, groen, groen!

Ons het gaan uitspan in die Koninklike Nasionale Park met sy talle voetslaanpaaie. Oral kan jy koel, skoon water uit die bergstroompies drink. Ag, ek is weer opnuut verlief op ons wonderskone land.

Ons het eers in Bloemfontein aangedoen waar die familie ons bo verdienste onthaal het.

Op pad daarheen het ons met die boswa in die Kamdeboo Nasionale Park buite Graaff-Reinet oornag. Met ons aankoms daar het dit gevoel of jy in ’n bakoond instap: die kwik het op 48 °C gestaan!

Ek dink egter die bakkie se temperatuurmeter het die saak ’n bietjie oordryf, want by die park se ontvangs het hy vir ’n halfuur lank – “We’re offline,” het die vriendelike ontvangsdame verduidelik – met sy neus reg in die middagson gestaan. Nogtans.Teen skemer pak ek ’n vuurtjie aan en ons braai ietsie. Net toe ons aansit, word die stilte versteur deur ’n aankomende vragmotor. Ek dog nog wat soek die ding in ’n kampeerterrein, toe kom hy om die draai: skerp LED-ligte verblind ons, maar ek merk ook die geel ligte bokant die kajuit, wat my laat dink dis mooitjies ’n insleepvoertuig!

Toe hy stadig by ons kampeerplek verby ry, sien ons egter dis ’n reusekampeerwa.

“Overlanders!” roep ek en vroutjie geskok uit. Jy kry oral in Afrika sulke kampeerwaens, gewoonlik met ’n span avontuurlustige jongmense aan boord.

As hulle nesskop is dit ’n affêre: tente word wanordelik opgeslaan; tafels en stoele word luidrugtig oopgemaak en neergesit; bierproppe waai diékant en dááikant toe en hulle gesels in vreemde tale ’n hond uit ’n bos.

Die paaie is ook nie meer immer ellendig nie. “Oral is die Chinese besig om goeie paaie te bou. Ek wonder wat hul strategie is . . .” mymer hy.

Môreoggend voor eerste lig word die kamp weer met dieselfde luidrugtigheid opgeruim. Dit is nie lekker gaste om naby jou te hê nie.Die kampeerwa tru wiegendagteruit in by die staanplek direk lang ons s’n. Net ’n laninkie doringbome tussen ons verskaf ’n mate van privaatheid.

Vroutjie en ek kyk betekenisvol na mekaar. Maar toe is dit skielik stil; ons hoor wel gedempte voetstappe in die wa.

Ná ’n rukkie word die sydeur oopgemaak en omdat die ding so hoog bo die aarde staan, word ’n leertjie neergelaat. Toe klim ’n paartjie daar uit.

Hulle pak suutjies twee stoele en ’n tafeltjie uit; maak ’n lampie staan; geniet aandete en drink ’n ietsie. Hulle gesels fluisterend en selfs toe hulle later die aand ’n paar bordspeletjies speel, geskied dit met die grootste mate van beskaafdheid.

Ons almal slaap daarna die slaap van regverdiges.

Die volgende oggend stap ek oor om te gaan kennis maak. Die paartjie is Nederlanders: Arend en Akkie de Roo.

Hulle het ’n paar jaar lank in Nigerië gewoon waar hy ’n elektrisiën by ’n melkverwerkingsaanleg was.

Hy het op ouderdom 59 afgetree, en die afgelope drie jaar toer hulle die wêreld vol – aanvanklik met ’n kleiner kampeerwa: Rusland, China, Thailand, Indië, die Midde-Ooste en die ganse Europa.

Daarna het hulle die huidige kampeerwa aangeskaf: ’n 1990-model Mercedes-Benz-vragmotor met ’n doelgeboude woongedeelte agterlangs. Vir die dorstige agtsilinder-dieselenjin het Arend ’n brandstoftenk van 1 000 liter laat inbou.

Van Nederland af is hulle deur Frankryk en Portugal Spanje toe; toe met ’n boot oor die Middellandse See tot in Marokko en vandaar al met die weskus van Afrika langs tot in Kaapstad.

Oral is hulle hartlik ontvang. “Ons was net versigtig in die Demokratiese Republiek van die Kongo; daardie land is tans onstabiel,” vertel Arend.

Die paaie is ook nie meer immer ellendig nie. “Oral is die Chinese besig om goeie paaie te bou. Ek wonder wat hul strategie is . . .” mymer hy. Brandstof is geredelik beskikbaar en die pryse is billik. “Nigerië se diesel was die goedkoopste,” voeg Akkie by. Suid-Afrika se brandstofpryse is “gemiddeld” as jy dit met Europa s’n vergelyk.Die twee is lief vir ons land; dis ook nie hul eerste besoek nie.

Van wonderlike Graaff-Reinet af is ons die Donderdag vort Bloemfontein toe. Toe tref ons die N1 by Colesberg. Dit wemel van lorries (my gunstelingsino-niem vir “vragmotors”).

In Kaapstad het ’n bekende hotel aan die Waterfront hulle toegelaat om ’n week lank op die hotel se parkeerterrein te “kampeer” – gratis en verniet.

Het hulle klagtes? Tog wel twee dinge: ’n toerismevisum is net 90 dae lank geldig. Dit kos niks nie en kán hernieu word, maar dan moet jy eers die land verlaat. “Vir wat?” vra Arend.

Die ander klagte is die koste van die vereiste Wild-kaart vir besoeke aan ons natuurparke. Buitelanders word verplig om die “international cluster”-kaart te koop – al wil hulle net die Krugerwildtuin besoek. Dit kos vier maal meer as die duurste kaart vir Suid-Afrikaners!

Die dagtariewe vir buitelandse gaste is ewe duur. “Wil julle nie juis meer toeriste in Suid-Afrika verwelkom nie?” is Arend se geldige vraag.

Ek het al voorheen oor die buitensporige koste van die Wild-kaart vir buitelandse toeriste geskryf, maar toe het Suid-Afrikaners my met verontwaardiging gelooi. “Buitelanders kán dit mos bekostig. Kyk net na die wisselkoerse,” was ’n gewilde opmerking.

“Hulle betaal nie belasting nie,” was iemand anders se ietwat oningeligte opmerking – so asof buitelanders nie ook ruimskoots BTW moet opdok nie.Persoonlik betrag ek die kwessie só: die Handves van Regte in ons Grondwet verbied diskriminasie tussen mens en mens op enige arbitrêre grond – ras, geslag, ouderdom, herkoms, geloof, noem maar op.

Die konstitusionele hof het al by meer as een geleentheid beslis dat álmal in Suid-Afrika – dus ook die Bybelse “vreemdelinge in ons poorte” – die beskerming van die handves geniet. Waarom dan buitelanders meer laat opdok vir die Wild-kaart?

Dis mos ongeregverdigde diskriminasie, nie waar nie?

En het Arend nie ’n punt beet nie: wil ons dan nie méér toeriste na Suid-Afrika lok nie?

Ek hoor iemand skouerophalend brom daar is mos ’n Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsverdrag (SAOG) wat sulke tariewe bepaal; ons is daaraan gebonde. ’n Verdrag wat ons Grondwet sy krag en gesag ontneem? Dink weer.

’n Tydverdryf-trivialiteit

Van wonderlike Graaff-Reinet af is ons die Donderdag vort Bloemfontein toe. Toe tref ons die N1 by Colesberg. Dit wemel van lorries (my gunstelingsino-niem vir “vragmotors”).

Om die verveling te verdryf, tel ek die verskillende fabrikate en vroulief hou boek.

Vir my lyk dit al ’n ruk lank of Mercedes-Benz-lorries – anders as in die “ou” dae – nie meer die volopste op ons paaie is nie.

Ek kry die indruk dat Volvo’s tans die toneel oorheers.

En toe ons in Bloemfontein aankom lyk die telkaart só: Volvo’s was verreweg in die meerderheid met 120 wat van voor gekom het (en wat ons kon verbysteek). Tweede was Scania met 55; MAN met 50 was derde, en Mercedes vierde met 46.

(Ek noem nie die ander fabrikate wat ver in die minderheid was nie.)

Natuurlik is dit nie “wetenskaplik” nie, maar op daardie dag het Volvo die toneel geheel en al oorheers. Sê dit iets?

Al wat ék weet: as die lorries die dag gaan staan, gaan staan die land.

  • Pienaar is ’n niepraktiserende advokaat van Vleesbaai.
Meer oor:  Gustaf Pienaar  |  Drakensberge  |  Paaie  |  Reis  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.