Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Video’s van maanlanding onder hamer

Die 50ste herdenking van die Apollo 11-maanlanding is om die draai en Sotheby’s gaan die enigste oorblywende eerste-generasie-video-opnames van die historiese gebeurtenis op 20 Julie in New York op ’n veiling verkoop.

Dit is moeilik om te glo dat die drie vergete boksies video-opnames van een van die grootste historiese gebeurtenisse ter wêreld bevat.

Dié drie video-opnames van die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) is per ongeluk in 1976 as deel van ’n groot versameling opneembande op ’n regeringsveiling aan ’n jong intern-ingenieur by die ruimtesentrum verkoop. Die ingenieur, Gary George, het $217 vir al die bande saam opgedok en was onbewus daarvan dat hy ’n belangrike stuk geskiedenis aangekoop het.

Sotheby’s noem dat George se pa toevallig opgemerk het dat drie bande “Apollo 11 Eva” gemerk was en toe gedink het dat dit later iets werd kon wees. George het die bande gehou en eers in 2008 besef dat dit die oorspronklike bande wat weggeraak het kon wees waarna Nasa naarstigtelik op soek was vir die 40ste herdenking van die maanlanding.

Hy het die bande met die hulp van die DC video-ateljees laat speel en dit was wonderbaarlik in ’n perfekte toestand en van ’n beter gehalte as enige van die ander bestaande maanvideo-opnames. Dit kan nou vir tot $1 miljoen op die veiling verkoop.

Die video-opnames van die mens se eerste treë op die maan word op 20 Julie deur Sotheby’s in New York opgeveil. Dit kan vir meer as $1 miljoen verkoop.Foto’s: Sotheby’s

Nasa het in daardie tyd sy soektog opgegee en aangeneem dat die bande met hoëresolusie-opnames van die maanlanding waarskynlik uitgevee is. Die ruimteagentskap het toe die 40ste herdenking van die maanlanding gevier met beeldmateriaal wat deur CBS Television bewaar is.

Die video’s gaan die hoogtepunt wees op die veiling wat toegewy word aan ruimteverkenning.

Hulle het ’n gesamentlike looptyd van twee uur en 24 minute en beeld die oomblik uit toe die ruimtevaarder Neil Armstrong sê: “That’s one small step for a man, one giant leap for mankind.” En so ook beeldmateriaal van die wapperende Amerikaanse vlag op die maan en die langafstandoproep na pres. Richard Nixon.

Die ruimteverkenning-uitstalling open op 13 Julie vir die publiek. waarna die bande op 20 Julie opgeveil sal word.

Meer oor:  Sotheby’S  |  New York  |  Videos  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.