Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Vir ’n kettie het jy mos klippe nodig

Daar is niks soos om goeie herinneringe op die langpad te maak nie. Verlede naweek se vernietigende sikloon wat Mosambiek getref het, het Gustaf Pienaar herinner aan hul besoek aan dié mooi buurstaat ’n paar jaar gelede – in gelukkiger tye.   

Grafika: Hanlie Malan

Kyk, as ’n man deur Suider-Afrika toer, moet jy ’n kettie hê.

Dit het ek al vroeg by Klein-Kariba, naby Modimolle, agtergekom. Die oomblik wanneer jy jou ontbytgoed begin uitsit, wemel die boom hier bo jou staanplek skielik van ape.

Jy moet bontstaan om huis en haard te beskerm. Dis dan wanneer ’n kettie onontbeerlik word.

Maar my ammunisie raak op. Vroutjie wil niks daarvan weet dat ek ’n voorraad klippies op ons Afrika-tog saamneem nie.

“Daar’s nie plék nie.” My kettie beland bedroë tussen die boks rooiwyn (jy neem nie bottels saam op Afrika se paaie nie!) en vroulief se grimeertassie.

Ons slaap oor in Mosambiek by die Massingirdam. Die paadjie na die mans-ablusie is uitgelê met koeëlronde klippies – ’n kettieskut se droom.

In die bakkie kom ek op ’n skoenboks af – vol nartjies. Dié gooi ek doodluiters oor in ’n ander houer.

Toe vroutjie wegkyk, maak ek die boks vol klippies en steek dit diep in die kampeerwa weg.By Vilanculos in Mosambiek vaar ons op ’n rustige Sondagoggend met ’n primitiewe bootjie na die eiland Maruque.

Die “kaptein” van ons gehawende bootjie is ’n jong Mosambieker met opvallende Europese gelaatstrekke en ’n Italiaans-klinkende naam: Carlito.

Dit neem hom lank om die buiteboord-enjintjie aan die lewe te pluk. Toe verbind hy die versneller met ’n stuk vislyn aan sy groottoon en op dié manier sorg hy dat die masjientjie deurgaans teen hoogste toere loop.

By die eiland snorkel ons in verruklike helder water al langs ’n koraalrif tot terug by die boot.

Die volgende dag toer ons verder na Cahora Bassa – op die slegste paaie denkbaar.

By die kampeerplek ontdek ek die bakkie se trekstang is losgeskud; die dosyn eiers wat tuis in spesiale eierhouers verpak is, is flenters en loop op ons kruideniersware uit; die kampeerwa se elektriese koppelkabel is oopgekloof en drie drade is morsaf geruk. Alles as gevolg van die afgryslike paaie.

Maar die ergste is die voorraad klippe wat ek in die skoenboks gepak het.

Oral waar jy in die kampeerwa kyk, lê daar klippe: onder die bed; in die kombuis; op en onder ons kussings; tussen die groente; onder die sakkies lemoene.

Terug by die bakkie het vroulief al vir ons koffie ingeskink. Ek doop ’n beskuit daarin en eet dit woordeloos. Daarna vra ek vir haar om die boks met lekkers uit te haal.

Die skoenboks lyk of dit deur ’n plaag vismotte verorber is.

Vroulief is stomgeslaan. Waar kom dié spul klippe vandaan? Daar is immers geen stof aan die binnekant van die kampeerwa nie; dié is verbasend stofdig.

Maar die klippe? Sy kyk my wantrouig aan en ek bieg oor my vonds by Massingerdam.

“Ja,” antwoord sy, “en toe maak jy en jou klippe hier op Mosambiek se ellendige paaie van ons woonwa ’n haelgeweer op wiele!”Op sulke slegte paaie dink jy dikwels aan omdraai. Maar dan skep ’n mens weer moed uit ’n onverwagte gebeurtenis, soos met die patats.

Êrens langs die slegte pad besef ons dis tyd om . . . wel . . . te piepie en koffie te drink. Daar is geen formele stilhouplekke nie.

Ons stop naby ’n klein gehuggie – net ’n paar modderhutte.

Dis warm, ek is hoogs geïrriteerd en moeg vir stof.

’n Jongerige vrou met drie klein kindertjies begin aanstap in ons rigting. Sy dra ’n rok wat eens op ’n tyd rooi was; die kinders se klere is flenters.

Ek beduie ergerlik vir hulle om pad te gee. Toe ek oorkant die pad in die welige bosveld staan en jy-weet-wat, tref dit my hoe vermetel dit van my was om die mense so van hul eie werf af te verjaag.

Terug by die bakkie het vroulief al vir ons koffie ingeskink. Ek doop ’n beskuit daarin en eet dit woordeloos. Daarna vra ek vir haar om die boks met lekkers uit te haal.

Sy protesteer eers; dis immers diep in die bakkie, maar ek deel my skuldige gewete met haar en sy haal ’n handvol vrolik gekleurde lekkers uit.

Ek stap met die stowwerige paadjie na waar die ma en haar kroos onder ’n lamlendige skuilinkie sit.

Moenie dat die naam jou mislei nie. Dis ’n miserabele werkswinkeltjie met ou Land Cruisers, Land Rovers en Toyotas net waar jy kyk – elk in ’n wisselende staat van aftakeling; almal slagoffers van die afgryslike paaie.

Toe hulle my gewaar, spring sy op en begin met haar kinders die wyk te neem.

Ek roep hulle terug en beduie na die lekkers. Haar oë blink toe sy opreg “Obrigado” sê – die Portugees vir “dankie”.

Met my gewete gesalf, klim ons in die bakkie en gespe vas.

Toe ek die aansitter draai, sien ek die oudste seuntjie van die gehuggie hier by my syvenster.

Hy hou iets omhoog en jy sien net wit tande soos hy glimlag.

Ek maak die venster oop en hy oorhandig uit ’n blou plastiekbakkie vir my twee patats – pas skoongewas, want die water drup nog daarvan af.

Dis ongetwyfeld om dankie te sê vir my vredesgebaar en die lekkers. My hart krimp ineen. ­Ons bereik die Croc Valley Lodge, knap buite Mfuwe in Zambië, so 130 km van Chipata af, en kampeer op die wal van die bekoorlike Luanga-rivier.

Ek ontdek die bakkie se sleepstang het al wéér losgekom op die sinkplaatpad van Chipata af.

Voorheen het ek die los sleepstang by Cahora Bassa probeer regmaak – klaarblyklik onsuksesvol.

Nou, egter, is my noodvoorraad boute en moere op.

Ek ry “dorp” toe om by Mafuwe Hardy Engineering hulp te gaan soek.

Moenie dat die naam jou mislei nie. Dis ’n miserabele werkswinkeltjie met ou Land Cruisers, Land Rovers en Toyotas net waar jy kyk – elk in ’n wisselende staat van aftakeling; almal slagoffers van die afgryslike paaie.

Oplaas keer hulle ’n ou vyfliter-PVA-verfkan om. Daaruit val twee afgeleefde alternators, ’n gebarste verkoelerpyp, ’n verwoeste motorradio-luidspreker, ’n rat uit ’n onbekende ratkas en nog talle moere en boute.

Binne lê stapels motorenjins en onderdele, als bedek onder ’n olie- en stoflaag.

Ek word deur ene Moses begroet en ons kniel in die warm stof by die los sleepstang.

Moses sê “no problem” (Afrika se bekendste cliché); hy sal die sakie gou opfieks.

Hy trek sy bruin oorpak aan. Agterop is in vuilwit geborduur: “Mfuwe Hardy Engineering”.

Die 19 mm-bout en -moer wat ek vantevore by Cahora Bassa vasgedraai het, is nou verlore.

Moses en sy handlanger begin soek. Hulle keer ’n ou oopgesnyde Mobil-oliekan vol moere en boute om en soek en soek. Niks pas nie.

Toe volg die rooi Caltex Oil-kan. Steeds niks.

Oplaas keer hulle ’n ou vyfliter-PVA-verfkan om. Daaruit val twee afgeleefde alternators, ’n gebarste verkoelerpyp, ’n verwoeste motorradio-luidspreker, ’n rat uit ’n onbekende ratkas en nog talle moere en boute.

Uiteindelik kom hulle af op ’n 17 mm-moer en -bout wat die ding net eenvoudig sal móét doen.

Ek vra na ’n veerwaster, want ek weet al bout en moer sonder veerwaster beteken in Afrika net mooi niks nie.

Moses se handlanger loop na ’n ou Land Cruiser-wrak en krap-krap in die stof by die linkervoorwiel. Hy haal sowaar ’n veerwaster daar uit.

Wonderlike geheue wat dié kêrel het.

Lang storie kort: Ná 45 minute se gesoek na ’n afgeleefde 17 mm-bout, -moer en ’n veerwaster, kan ek my bakkie se sleepstang weer loop vasbout.

My rekening? 40 000 Zambiese kwachas – dis sowat R70.

Soek en jy sal vind.

  • Pienaar is ’n niepraktiserende advokaat wat in die kusdorp Vleesbaai woon.
Meer oor:  Gustaf Pienaar  |  Mosambiek  |  Langpad  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.