Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Volstruisbaken in die mark

’n Bekende baken net buite Oudtshoorn, die Oude Meul Guest Lodge & Game Farm, is vir die eerste keer in die mark.

Die Oude Meul Guest Lodge & Game Farm, net buite Oudtshoorn, is vir die eerste keer in die mark.

Dié besonderse eiendom in ’n unieke ligging word deur Seeff Oudtshoorn vir net minder as R59,5 miljoen bemark.

Stefaan Verlinde, Seeff se lisensiehouer vir die gebied, sê die eiendom lê 15 km vanaf Oudtshoorn op pad na die Kango-grotte toe. “Dit is ’n werkende volstruisplaas met ’n groot verskeidenheid wild en spog met ’n vierster-gradering van die toerismeraad.”

Hy sê die eiendom het ’n goed ontwikkelde infrastruktuur. Dit sluit in ’n groot historiese opstal wat van 1946 dateer en ’n moderne huis van 400 m² met gaste-geriewe. Daar is ook ’n trou-venue van 700 m², wat 300 gaste kan akkommodeer, ’n onderdak-braaigerief met toegang tot ’n swembad en ’n tuinhuisie, asook ’n restaurant van 400 m².

Die historiese opstal wat van 1946 dateer.

Daar is 52 gaste-suites, waarvan die helfte toegerus is met ’n leefarea, ’n kombuis en ’n braaiarea. Dié verblyf sluit ook in sewe luukse hutte en sewe luukse safaritente met en suite-badkamers en twee swembaddens. Al die suites het lugverkoeling, satelliet-TV en WiFi.

Die eiendom word as ’n lopende saak verkoop. “Dit is ’n gulde koopgeleentheid in ’n gebied wat ’n groot toeriste-trekpleister is.”

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.