Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Vooraansig verkoper se geheim

’n Eiendom se vooraansig of hoe dit van buite af lyk kan ’n verkoper help om ’n goeie verkoopprys te kry. Dit is egter iets wat baie mense onderskat, sê Schalk van der Merwe van die Rawson Property Group. 

Eiendomme.
Eiendomme.

Huiseienaars fokus gewoonlik op die binnekant van ’n eiendom voordat hulle verkoop. 

Hulle bestee baie geld om goed netjies te maak en onderneem selfs klein opknappingsprojekte. Dit kan ’n goeie ding wees, maar ek raai verkopers aan om nie só baie op die details te konsentreer dat hulle van die groter prentjie vergeet nie – soos hoe die huis van buite af lyk. 

’n Huis se vooraansig kan óf jou geheime wapen wees óf iets wees wat potensiële kopers afsit. Dit is die eerste ding wat kopers sien as hulle op skoudag verby jou huis ry of aanlyn daarna gaan kyk. 

Eerste indrukke tel 

Ons herinner kopers altyd daaraan om nie net die huis op sy vooraansig te oordeel nie, maar dit is makliker gesê as gedaan. Die meeste kopers het al ’n indruk van die huis gevorm voordat hulle instap. 

As dit ’n goeie indruk is, is die kanse goed dat hulle positief na die res van die eiendom sal kyk. Ons kom dit baie teë in beveiligde komplekse waar die vooraansig deur die skema se reëls beheer word.

As die eerste indruk egter nie goed is nie, is kopers outomaties meer krities oor die eiendom en gaan hulle partykeer nie eers in nie.

Kopers kan baie aflei van hoe ’n huis van buite af lyk. ’n Verwaarloosde dak, verfwerk, oprit of muur kan byvoorbeeld daarop dui dat die binnekant ook nie goed opgepas is nie. Kopers sal nie ’n aanbod op ’n huis maak wat hulle vermoed baie probleme het nie. 

Die teenoorgestelde is waar vir huise met ’n goeie voorkoms. ’n Mooi tuin, netjiese verfwerk, skoon vensters en plaveisel sonder onkruid kan onmiddellik die waarde van ’n eiendom verhoog. 

Wat van die buurt? 

Dit is ook waar van woonbuurte in die algemeen. Skoon strate, baie bome, mooi tuine en aanloklike vooraansigte kan baie doen om eiendomspryse in ’n straat of woonbuurt ’n hupstoot te gee. Jy kan dit baie duidelik in welgestelde areas sien waar eiendomme gewoonlik mooi opgepas is. 

Dis daarom ’n goeie motivering om by gemeenskapsprojekte betrokke te raak wat daarop gemik is om die gebied op te knap of ’n buurtwag wat misdaad probeer bekamp. 

Daarbenewens het die vooraansig van jou eiendom ook ’n direkte uitwerking op hoe vinnig ’n eiendom verkoop, asook die prys wat dit op die mark behaal. Daar is beslis ’n verband tussen huise met ’n aanloklike vooraansig en die aantal aanbiedings wat ons van kopers kry. 

Dit beteken nie net vinniger verkope nie, maar dit plaas ons ook in ’n baie beter posisie om oor die prys te onderhandel. Dikwels behaal hierdie huise sommer ’n verkoopprys bo die vraprys. 

Só maak jy

Om jou huis se vooraansig op te knap kan moontlik die doeltreffendste manier wees om jou huis vir die mark reg te kry. Dit is ook goedkoper as om ’n vertrek soos die kombuis oor te doen. 

’n Laag verf en ’n skoon tuin is nie ’n enorme belegging nie, maar dit kan groot opbrengste bied. 

As jy die verkooppotensiaal van jou huis wil verbeter, doen jouself ’n guns en kyk by jou voordeur uit. Die hart van jou huis is dalk binne, maar die buitekant is net so belangrik.

Kontak
Vir meer inligting oor huistendense en ander wenke oor die bedryf, besoek Rawson se webwerf by www.rawson.co.za. 

Meer oor:  Huismark  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.