Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Vroue begin oorhand kry op veilings

Wakker oë en die vermoë om winskope op veilings uit te snuffel, kan vroue die oorhand laat kry as dit kom by die bie op eiendomme op veilings, sê Eleanor Redman, ’n direkteur van Park Village Auctions (PVA).

Park Village Auctions sê vroue se getalle op veilings begin toeneem.

“Die dae toe vroue agter in die ry gestaan het en mans gebie het, is lankal verby.

“Deesdae is vroue aktiewe deelnemers aan PVA se veilings.”

Sy sê deesdae se moderne veilings is professionele geleenthede, wat aan ieder en elk ’n billike kans bied, en selfs diegene wat nie die veiling kan bywoon nie, kan aanlyn bie.

Onlangse navorsing wat deur die dataverskaffer Lightstone onderneem is, toon dat vroue proporsioneel die grootste kopers van eiendom in die land is.

Dit toon ook dat vroue-kopers in Gauteng oorheers en tot ’n mindere mate in die Oos-Kaap. “Beleggers beskou veilings as ’n primêre manier om eiendomme aan te skaf en met dié dat vroue die grootste rol in die eiendomsbedryf begin speel, kom dit as geen verrassing nie dat hul getalle ook op veilings begin toeneem.”

Meer oor:  Vroue  |  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.