Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Vrystaters, kom gesels saam oor huureiendom!
In watter prysklas moet jy koop om die beste huurders te lok? Foto: iStock

Hoe maak jy ’n sukses van residensiële eiendom om te verhuur as ’n belegging? Wat is die moets en moenies?

Vandag om 16:00 op die Vrystaat Kunstefees gesels Libo van Aswegen, direkteur van eiendom van die regsfirma PhatshoaneHenney in Bloemfontein, met Hanlie Stadler, sakeredakteur van Netwerk24, oor dié onderwerp.

Die gesprek is gratis en vind plaas in die Netwerk24-feeskafee op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Onder die vrae wat ons beantwoord, is:

  • In watter prysklas moet jy koop om die beste huurders te lok?
  • Hoeveel kapitaal het jy nodig?
  • Hoeveel geld moet jy opsy sit vir onderhoud en uitgawes aan jou huureiendom?
  • Wat staan jou te doen as jou huurder nie betaal nie?
  • Hoe lyk ’n goeie huurkontrak?
  • Met hoeveel kan jy die huur elke jaar verhoog?

Nog baie ander vrae sal ook bespreek word. Intekenare van Netwerk24 kry boonop ’n omvattende artikel met al die raad op ’n geheueskyfie - al die raad nie net oor koop om te verhuur nie, maar ook oor die onderwerpe wat ons later in die week bespreek.

Donderdag, ook om 16:00, is die onderwerp: “Aftrede: Wat doen jy as die kalf in die put is?” en Vrydag om 16:00 gee ons wenke aan entrepreneurs.

Kom gesels saam – ons hoor graag vandag van mense wat self eiendom verhuur wat die lesse is wat hulle geleer het.

O, en daar is ’n glasie wyn op die huis vir intekenare!

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vrystaat Kunstefees  |  Verhuring  |  Eiendom  |  Huureiendom  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.