Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Vukile koop nog bates in Spanje
Pinatar Park, ’n nuutgeboude kleinhandelpark van 10 637 m² in San Pedro Del Pinatar in Murcia in Suidoos-Spanje, het stewige ankerhuurders.

In ooreenstemming met sy groeistrategie om sy blootstelling aan Spanje te verhoog, koop Vukile Property Fund se filiaal Castellana Properties Socimi nog twee kleinhandelbates in Spanje.

Vukile het tans ’n aandeelhouding van 98,3% in Castellana, wat ná die verkrygings afgehandel is, tot 98,7% gaan styg.

Die nuwe bates is Alameda Park van 25 500 m² wat teen 54,6 miljoen gekoop is. Dit verteenwoordig ’n aanvangsopbrengs van 6,4%. Dan is daar Pinatar Park wat teen 10,7 miljoen verkry is, wat ’n aanvangsopbrengs van 7% verteenwoordig.

Die nuutste aankope bring Castellana se portefeulje op 13 kleinhandelparke met ’n waarde van 290 miljoen te staan.

In Julie vanjaar het Vukile bekend gemaak dat hy 11 Spaanse kleinhandelparke vir 193 miljoen via Castellana gekoop het.

“Ons blootstelling aan die Spaanse mark nader nou die 300 miljoen-kerf en ons is verheug dat Castellana so vinnig sy teenwoordigheid in die Spaanse mark gevestig het,” sê Laurence Rapp, uitvoerende hoof van Vukile. Hy sê daar is planne om Castellana teen die einde van Junie 2018 op die aandelebeurs in Madrid te noteer.

Kleinhandelparke in Spanje verteenwoordig ’n oortuigende beleggingsaanbod, sê hy. “Dié eiendomme is veerkragtig in ekonomiese afswaai-periodes, internasionale huurders oorheers en daar is ’n sterk vraag na ruimte.”

Laurence Rapp, uitvoerende hoof van Vukile.

Alameda Park in Granada in Andalusië is ’n kleinhandelpark en ’n winkelsentrum met ’n besettingskoers van 98,6%. Dit het ’n sterk nasionale huurderskomponent van 88%, waaronder Decathlion, Mercadona en Maisons du Monde. Dit is in ’n opvangsgebied met byna 600 000 mense met ’n gemiddelde inkomste van 20 000 per persoon per jaar. Alameda Park is langsaan Castellana se bestaande Kinepolis Retail Park geleë. Dit word tans teen 2 miljoen opgegradeer met ’n verwagte inkomste-opbrengs van meer as 15% op die kapitaalbesteding.

Die verkryging van Alameda het Castellana in staat gestel om sy posisie as die eienaar van die oorheersende kleinhandelpark-nodus in Noord-Granada te konsolideer.

Pinatar Park is ’n nuutgeboude volverhuurde kleinhandelpark van 10 637 m² in San Pedro Del Pinatar in Murcia in Suidoos-Spanje. Dit het sterk kleinhandelaars as ankerhuurders met lang huurkontrakte. Rapp sê ’n bonus van die transaksie is dat Castellana ook die opsie kry om ’n aangrensende erf te koop om die park met ’n verdere 2 750 m² uit te brei.

Die makro-ekonomiese prentjie in Spanje is belowend. Die verwagte groei in die bruto binnelandse produk (BBP) vir 2017 is 3,1%.

Meer oor:  Vukile Property Fund  |  Spanje  |  Winkelsentrum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.