Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Vukile kry nuwe finansiële hoof

Die Vukile Property Fund gaan Laurence Cohen as sy nuwe finansiële hoof aanstel wanneer Mike Potts, sy huidige finansiële direkteur, in Junie aftree.

Cohen, ’n geoktrooieerde rekenmeester, was 15 jaar lank die finansiële direkteur van die kleinhandeleiendomsfonds Hyprop.

Laurence Cohen, Vukile se aangewese finansiële hoof.

In dié tyd het Hyprop se bates van sowat R1,5 miljard tot R40 miljard toegeneem.

Cohen sluit op 1 Maart by Vukile aan as aangewese finansiële hoof en sal op 1 Julie in die Vukile-direksie aangestel word ná Potts se beplande aftrede op 30 Junie.

Laurence Rapp, uitvoerende hoof van Vukile, sê die groep is opgewonde om ’n finansiële hoof van dié kaliber te kry, veral in die lig van sy kennis en ervaring in die reit-sektor en spesifiek kleinhandeleiendom.

“Dit, tesame met sy uitgebreide finansiële bestuurskundigheid, maak van hom die ideale kandidaat om Vukile die toekoms in te neem.”

Cohen meen dat Vukile ’n goeie pasmaat vir hom is.

Hy sê Vukile word goed bestuur, het ’n sterk onafhanklike direksie en ’n duidelike strategie.

Cohen se aanstelling bou voort op Vukile se prestasiegeskiedenis van goeie gehaltebestuur en die beste korporatiewe beheer en verslagdoening, areas waar Potts ’n kernrol gespeel het.

As ’n stigterslid was hy deurslaggewend in Vukile se evolusie tot ’n kleinhandel-reit wat ook internasionale blootstelling het.

Rapp sê Potts sal aanbly as nie-uitvoerende direkteur van Castellana, die groep se Spaanse filiaal, en ook in die oudit-komitee dien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.