Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Wanneer verkoopprys aangepas moet word

Wat beteken prysverlagings in die eiendomsmark regtig? Schalk van der Merwe, ’n konsessiehouer van die Rawson Properties Group in die Helderberg, deel inligting hieroor met kopers én verkopers.

Foto: Pixabay

As jy onlangs op eiendomswebwerwe was, sou jy heel waarskynlik kennisgewings op baie van die eiendomme in Kaapstad gesien het wat sê: “Prys verlaag.”

Voornemende verkopers kan dalk hierdeur afgeskrik word, terwyl kopers weer opgewonde sal raak oor die feit dat hulle ’n “goeie prys” gaan kry.

“Prys verlaag” beteken egter nie altyd wat mense dink nie.

Daar is baie negatiwiteit rondom prysaanpassings en mense neem gewoonlik aan dat die verkoper desperaat geword het.

In sommige gevalle is dit waar, maar dit is beslis nie altyd die geval nie.

Dit is belangrik vir kopers én verkopers om te verstaan wat agter die skerms aangaan.

Vir die verkoper

Dit is altyd beter om die eiendom van die begin af teen die regte verkoopprys te bemark. Dit kan egter moeilik wees om jou verwagtings met die veranderende marktoestande te balanseer.

As jy na die huismark in Kaapstad ’n jaar gelede kyk, het dit ongeveer 14 dae geneem om ’n huis te verkoop. Nou neem dit gemiddeld tussen 60 en 90 dae, en die aanbiedings wat verkopers kry, is tussen 5% en 20% laer as die oorspronklike verkoopprys. ’n Ervare eiendomsagent met goeie kennis oor ’n sekere buurt kan ondanks die veranderende mark, steeds ’n akkurate prysvoorstel vir jou huis maak.

Dít voldoen egter nie altyd aan die verkoper se verwagtings nie en dit gebeur dan dikwels dat die eiendom aanvanklik té hoog geprys word.

Vra die agent vir ’n gedetailleerde uiteensetting van die verkoopprys.

Dit moet besonderhede oor kompeterende eiendomme, waar dit in die mark geposisioneer word, die verwagte verkooptyd en hoeveel besoeke van voornemende kopers verwag word, insluit.

Dit moet duidelik uiteensit waar die eiendom in die huismark val en wat uit die verkoopproses verwag kan word. Hierdie inligting moet gereeld bygehou word, sodat verkopers ingeligte besluite kan neem as hul eiendom nie na verwagting presteer nie.

Nie einde van wêreld

As jou eiendom nie goed vaar nie, stel eerstens vas waarom dit die geval is. Pas dan die verkoopprys so daarby aan.

Dié proses is baie doeltreffender as die agent aanlyn en persoonlike koperaktiwiteit monitor.

As die eiendom baie aandag aanlyn kry, maar dit nie in navrae omskakel nie, is dit ’n goeie aanduiding dat die verkoopprys té hoog is.

As jy die prys verlaag, beteken dit nie dat niemand jou eiendom wil hê nie. Dít bewys dat jy die mark verstaan en ’n ernstige verkoper is.

Jy kan dit egter wel sien as ’n teken dat die verkoper nie net besig is om die mark te toets nie.

Les vir kopers

Moenie net aanneem dat ’n prysverlaging outomaties ’n winskoop beteken nie.

Jy kan dit egter wel sien as ’n teken dat die verkoper nie net besig is om die mark te toets nie.

Doen steeds jou navorsing om te verseker jy kry waarde vir jou geld, maar wees ook voorbereid om vinnig ’n besluit te neem as die eiendom se prys reg is om te koop.

Dit maak egter nie saak of jy aan die koop- of verkoopkant van ’n prysverlaging is nie, want om ingelig te wees is die enigste manier waarop jy goeie besluite kan neem.

Raadpleeg jou agent, vra vrae en maak seker jy verstaan die prysvoorstel en waarom dit gemaak is.

Meer oor:  Verkoopprys  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.