Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Vreemde items wat rykes saam Rolex, diamante bêre
Die duurste stuk juweliersware wat iemand in 'n sluitkissie verloor het, is ’n hangertjie van 18 karaat witgoud met ’n blom van diamante en robyne ter waarde van R4,5 miljoen. Op hierdie foto is die Hope-diamant, in besit van die Smithsonian-instituut. Foto: Smithsonian Institute

Juweliersware, Krugerrande – en kontant.

Dit is klaarblyklik die soort dinge wat superrykes in veilige bewaring by hul bank hou.

Hofstukke van die 60 kliënte van FNB wat ’n eis teen die bank instel nadat die inhoud van hul bewaarkissies in drie afsonderlike rooftogte gesteel is, lig die sluier oor watter tipe items mense diep in kluise wil bewaar.

Die 60 kliënte eis altesaam R121 miljoen van FNB. Die hoogste eis is R38,5 miljoen van ’n sakevrou. Die naasgrootste eis is R4,4 miljoen.

Benewens die 17 Rolex-horlosies op die lys, het feitlik almal Krugerrande gestoor.

Los diamante en ander gesteentes asook talle goue godsdienstige items (Moslem, Hindoe en Katoliek) word ook gelys.

Baie van die juweliersware is geskenk met lewensmylpale, soos met ’n doop, mondigwording, verlowing, troue, geboorte van kinders en verjaardae.

Van die interessantste items is (die name van die kliënte word op versoek van die prokureur weerhou):

  • ’n Italiaanse paspoort (ter waarde van R1 750);
  • ’n Boks los diamante (ter waarde van R65 000);
  • ’n Houtkis vol munte (ter waarde van R5 000);
  • Hardeskyf van 2 teragreep (ter waarde van R1 666);
  • Kontant – in een geval R900 000, en ander hou weer Amerikaanse dollars en euro’s aan;
  • ’n Stel van ses elk “uiters swaar” goue messe en vurke met die familie se voorletters daarop (ter waarde van R1,2 miljoen);
  • ’n Egskeidingsertifikaat;
  • Vier goue armbande wat gemaak is van Britse goue munte wat in 1918 in Mumbai (Bombaai) gemunt is (ter waarde van R126 400);
  • Private dokumente soos briewe en poskaarte;
  • 4 naeltjieringe van 9 karaat-goud;
  • Antieke en skaars bronskrale van die Baoulé-mense van die Ivoorkus ter waarde van R4 500;
  • Talle penne, soos ’n Mont Blanc-pen (ter waarde R36 000). Een persoon het verskeie penne soos ’n goue Cross-pen met ’n Barclays-logo (van R1 464) en ’n Parker Insignia-pen met “FNB One Billion Rand – 1994” daarop gegraveer (teen R144) en ’n Sheaffer-vulpen en potloodstel (van R529);
  • ’n Sigaretaansteker van geelgoud (ter waarde van R104 065), ’n goue sigaretaansteker (van R7 000) asook ’n goue Dunhill-aansteker in sy oorspronklike groen boks (teen R12 500). Selfs ’n Zippo haal ’n bewaarkissie (teen R1 231);
  • ’n Medalje van die Tweede Wêreldoorlog wat gegraveer is (teen R5 000);
  • ’n Mickey Mouse- goue borsspeld van Disneyland in ’n rooi houer (teen R998).
  • ’n Silwer snuifboks (ter waarde van R950);
  • “Sensitiewe kerkdokumente”, waaronder titelaktes waar grond toegeken is aan ’n sekere kerk. Die waarde word as R500 000 aangedui;
  • Onder die 2 228 items is die duurste Rolex-horlosie ’n Rolex Cosmograph van witgoud ter waarde van R482 100.
  • Die duurste stuk juweliersware is ’n hangertjie van 18 karaat witgoud met ’n blom van diamante en robyne ter waarde van R4,5 miljoen.
Meer oor:  Fnb  |  Diamante  |  Diefstal  |  Rykes  |  Krugerrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.