Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Waterfall City kry 590 woonplekke

Die genoteerde Attacq het in vennootskap met die ontwikkelingsmaatskappy Tricolt die eerste luukse residensiële toringeenhede in Waterfall City in Midrand bekend gestel.

Ellipse Waterfall gaan aan voornemende inwoners die geleentheid bied om die ideale leefruimte vir hul spesifieke behoeftes te verkry.

Ellipse Waterfall gaan vier toringgeboue met 590 wooneenhede hê.

Die eenhede wissel van eenslaapkamereenhede van 44 m² tot vlagskip-dupleks-dakwoonstelle met drie slaapkamers van 327 m². Dit sluit ook private daktuine en verhitte swembaddens in.

Pryse wissel van R1,49 miljoen tot R12 miljoen.

Melt Hamman, uitvoerende hoof van Attacq, sê die ontwikkeling is ’n natuurlike volgende stap om die residensiële aanbieding in Waterfall City te diversifiseer.

’n Kunstenaarsvoorstelling van die luukse Ellipse Waterfall-ontwikkeling in Waterfall City in Midrand wat deur Attacq en Tricolt ontwikkel word.

Die vier toringgeboue, The Newton, The Kepler, The Da Vinci en The Galileo, gaan saam 590 wooneenhede bied. Die eerste eenhede gaan teen 2021 voltooi wees.

Tim Kloeck, uitvoerende hoof van Tricolt, reken Ellipse Waterfall bied aantreklike waarde.

“Met ’n waarde van R1,2 miljard en ’n ligging in die hart van Waterfall City sal die ontwikkeling veilige toesluit-en-gaan-huisvesting bied.”

Inwoners van alle ouderdomme gaan ook toegang hê tot The Luna Club, ’n eksklusiewe multi-konsep-bestemming.

Giles Pendleton, Attacq se hoof van ontwikkeling, sê Waterfall se uitbreiding na residensiële eiendom was sowel ’n strategiese as ’n noodsaaklike stap. “Ons glo dat die toevoeging tot ons residensiële aanbieding Waterfall se posisie as een van die voorste gemengde-gebruik-nodusse in Gauteng sal bevestig.”

Meer oor:  Attacq  |  Midrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.