Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Waterfront is pêrel in Growthpoint se kroon
Die nuwe Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz MOCAA) maak op 22 September sy deure oop. Bo-op die museum pryk die nuwe hotel met 27 kamers, wat reeds sake doen.

Ten spyte van die uiters strawwe ekonomiese toestande het die genoteerde eiendomsreus Growthpoint verras met beter as verwagte uitkeringsgroei vir die jaar tot einde Junie.

Die uitkeringsgroei was 6,9% per aandeel vir die tweede helfte van die maatskappy se boekjaar, wat die uitkeringsgroei vir die volle jaar op 6,5% per aandeel te staan gebring het.

Norbert Sasse, uitvoerende hoof, skryf die positiewe resultate toe aan ’n goeie vertoning van al Growthpoint se beleggings as ’n geheel.

Kaapstad se V&A Waterfront, met ’n waarde van R8,7 miljard, waarvan Growthpoint 50% besit en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die res, het uitgeblink en het 8,6% tot die groep se totale uitkeerbare inkomste van R5,6 miljard bygedra.

“Die vertoning by die V&A is gedryf deur ’n sterk vraag na ruimte in al die onderskeie eiendomsegmente en ’n stewige toename in die getal voorkeurondernemings wat kantoorverblyf in die prima ontwikkeling opgeneem het,” sê Sasse. Dit sluit in PwC, EY, Werksmans en British American Tobacco.

Wat dit kos

Silo 3, ’n ontwikkeling in die Waterfront met 79 superluukse woonstelle, het byna uitverkoop. 

’n Gemiddelde verkoopsprys van R83 000/m² is behaal.

Een van die dakwoonstelle is vir R84 miljoen deur ’n Suid-Afrikaanse koper opgeraap en daar is nog net een beskikbaar teen R48 miljoen.

Die ontwikkeling van die 110 000 m² Silo District teen etlike miljarde rande, wat die afgelope twee jaar ’n sterk fokus vir die groep was, is voltooi. Die Zeitz Museum of Contemporary Art Africa (Zeitz MOCAA) en die nuwe Radisson Red-hotel, wat albei deel van die silo-gebied uitmaak, open later in September.

The Silo-hotel, ’n boetiekhotel met 27 suites bo-op die museum, het reeds in die oorsigtydperk in bedryf gekom.

Sasse sê die residensiële aanbieding (Silo 3) met 79 superluukse deeltitelwooneenhede was veral ’n winsgewende onderneming en ’n gemiddelde verkoopsprys van R83 000/m² is behaal.

Een van die dakwoonstelle is vir R84 miljoen deur ’n Suid-Afrikaanse koper opgeraap en daar is nog net een beskikbaar teen R48 miljoen.

Die Silo3-residensiële ontwikkeling, waar ’n superluukse dakwoonstel vir R84 miljoen verkoop het.

Hy sê die hotelle in die V&A doen besonder goed en die gemiddelde inkomste per beskikbare kamer (revPAR) is 63% hoër as ander vergelykbare hotelle in Kaapstad.

Danksy die sterk vraag na ruimte, gaan Growthpoint sy investering in die V&A voortsit deur vir die volgende twee jaar op die ontwikkeling van 120 000 m² se ruimte in die Canal District te fokus. Dit sluit in The Battery Park, ’n parkade met 1 200 parkeerplekke met ’n groen openbare ruimte van sowat 1,3 ha, asook 90 000 m² se kantoor-, residensiële- en ander ontwikkelings.

Growthpoint besit en bestuur ’n diverse eiendomsportefeulje van 547 eiendomsbates. Dit sluit in 471 eiendomme in Suid-Afrika met ’n waarde van R76,9 miljard en sy 50%-belang in die V&A.

Aan die internasionale front besit die groep 57 eiendomme in Australië met ’n waarde van R32,5 miljard deur sy belang van 65,1% in Growthpoint Properties Australia en 18 eiendomme in Roemenië met ’n waarde van €1 miljard deur sy belegging in Globalworth Real Estate.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.