Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Wynveiling met die hoogste waarde nóg in Hongkong gehou

Die wynveiling met die hoogste waarde in veilingsgeskiedenis word in Maart deur Sotheby’s in Hongkong gehou.

’n Hoogtepunt op die veiling is ’n omvattende versameling verouderde sjampanje’s, wat die volle reeks Dom Pérignon-produkte insluit. Foto’s: SOTHEBY’S
Van die uitsoekwyne uit Boergondië wat op Sotheby’s se Tran-scend-ent Wines-veiling met ’n geraamde waarde van tussen $19 miljoen en $26 miljoen opgeveil gaan word.

Die Tran-scen-dent Wines-veiling wat van 29 tot 31 Maart aangebied word, gaan na verwagting tussen $19 miljoen en $26 miljoen inbring. Op die driedaagse veiling gaan 2 704 lotte, oftewel 16 889 bottels uitsoekwyne van omvattende kelders uit Boergondië, Champagne, Rhône, Bordeaux en Italië, verkoop word.

Dit is ook die beduidendste enkeleienaarswynveiling wat tot nog toe gehou is en sluit van die grootste name in die wynbedryf in, onder meer Boergondië se kroonwyn Domaine de la Romanée-Conti. Meer as 250 lotte van dié wyn gaan onder die hamer kom, insluitend La Tâche 1953 en Montrachet van 1972 tot 2006. Die versameling spog ook met meer as 80 lotte van Maison en Domaine Leroy.

’n Hoogtepunt op die veiling is ’n omvattende versameling verouderde sjampanje’s, wat die volle reeks Dom Pérignon-produkte insluit. Daar word veral gefokus op uitstaande sjampanje’s van die 1960’s en die 1970’s.

Jamie Ritchie, wêreldwye hoof van Sotheby’s Wine, sê in 2018 het die veilingshuis se jaarlikse wynverkope die $100 miljoen-kerf verbygesteek.

Adam Biley, hoof van Sotheby’s Wine Asia, sê daar is sterk momentum in die Asiese-wynmark, met veral ’n groot aptyt na die beste uitsoekwyne.

Meer oor:  Hongkong  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.