Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
1 uit 3 gesinne het te min geld vir kos

Minder Suid-Afrikaners ly nou honger, maar hongersnood is steeds kommerwekkend hoog – baie hoër as voor die Covid-19-krisis.

In Junie het 37% van huishoudings – dus meer as een uit drie huishoudings – se geld vir kos deur die loop van die maand opgeraak. Dit is tien persentasiepunte minder as die 47% – byna elke tweede huishouding in die land – in April, die strengste fase van die inperking.

Die 37% is egter steeds 12 persentasiepunte hoër as die 25% van huishoudings wat in 2018 van tyd tot tyd nie genoeg geld vir kos gehad het nie.

Grace Bridgman en Servaas van den Berg, albei van die Universiteit Stellenbosch, en Leila Patel van die Universiteit van Johannesburg het die tweede Nids-Cram-peiling ontleed om te bepaal of kospakkies en toelae gehelp het om honger te verlig, gegewe dat byna drie miljoen mense hul werk in April verloor het.

taxibestuurder
'n Man was 'n minibustaxi naby 'n opslaanwinkel in die Elias Motsoaledi-informele nedersetting in Soweto. Foto: Reuters

Ander navorsers het bevestig weinig van die drie miljoen poste wat in April verlore gegaan het, is teen Junie teruggewen.

Volgens die studie het ’n volwassene in Mei of Junie oor die vorige sewe dae honger gaan slaap in 22% van huishoudings wat aan die peiling deelgeneem het. In Julie het dit tot 16% gedaal.

Volwassenes beskerm so ver as moontlik hul kinders teen honger, tensy daar regtig nie eens genoeg kos is om kinders se magies vol te maak nie. In Julie of Augustus het ’n kind in 11% van huishoudings honger gaan slaap oor die vorige sewe dae. Dis beter as die 15% in Mei of Junie.

In huishoudings waar daar wel honger was, het 30% van huishoudings aangedui dat dit daagliks of amper daagliks is. Dis onveranderd van die vorige peiling.

Die navorsers wys daarop dat minder as ’n kwart van al die meeste kospakkies wat die regering, nieregeringsorganisasies en kerke tot dusver uitgedeel het, in Julie uitgedeel is. Die daling in hongersnood kan dus nie net aan kospakkies toegeskryf word nie.

Hulle skryf dit daaraan toe dat iemand in die huishouding dalk tussen April en Julie weer werk gekry het én aan die uitbetaling van staatstoelae of die Werkloosheidsversekeringsfonds se tydelike hulpskema (Covid-19-Ters). Hoewel dié hulp in Maart reeds aangekondig is, was daar vertragings met die uitbetaling daarvan.

Skolevoedingskemas het weer in Julie hervat, wat bes moontlik ’n rol gespeel het.

Oor Nids-Cram

Die National Income Dynamics Study Coronavirus Rapid Mobile Survey (Nids-Cram) is ’n reeks studies wat deur 38 navorsers aan sewe universiteite gedoen word om die maatskaplike en ekonomiese effek van die Covid-19-krisis op Suid-Afrika te meet. Die resultate van die eerste reeks studies is in Junie en dié van die tweede reeks is pas uitgereik. Nog drie reekse gaan na verwagting tot Julie 2021 afgehandel word. Meer as 5 000 Suid-Afrikaners oor alle inkomste-, rasse- en taalgroepe heen is vir die tweede reeks studies ondervra.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Werkloosheid  |  Hongersnood  |  Armoede  |  Nids-Cram  |  Inkomste  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.