Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
2 SAID-ouditeurs help glo kul met taks

Twee voormalige ouditeurs van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met belastingontduiking ter waarde van R321 miljoen.

Die voormalige ouditeurs van die SAID was glo deel van ’n sindikaat van sowat 20 mense wat na bewering belastingbedrog gepleeg het. Foto: Pixabay

Die Valke in Johannesburg se lede vir ernstige kommersiële misdaad het Dinsdag toegeslaan nadat ’n ondersoek glo genoeg bewyse opgelewer het vir die inhegtenisnemings om gemaak te word.

Corah Madlepollo Kooko (39), Noluthando Sipokazi Mbanga (45) en hul vermeende tussenganger Mndolozi Mncube (44) is in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van belastingbedrog ingevolge die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde en die Doeane- en Aksynswet.

Die vermeende sindikaat het kleinsakeondernemings na bewering gebruik vir bedrog met BTW-eise, en het geld deur die ondernemings gewas.

Honderde miljoene rand is só ingevorder deur die beweerde bedrog wat Kooko en Mbanga glo met die kleinsakeondernemings gepleeg het.

Die Valke verneem dat die vermeende sindikaat tot 20 individue en talle ondernemings betrek.

“Die bedrog hou verband met die eis van onbehoorlike BTW-terugbetalings van die SAID en geldwassery rakende hierdie maatskappye en hul direkteure wat (glo) saamgewerk het met die vermeende bedrieërs,” het kapt. Lloyd Ramovha gesê.

“Belastingbetalers, tussengangers, huidige en voormalige werknemers van die SAID, asook bankwerknemers word betrek in die web van bedrog. Die meeste van die bedrieglike fakture is by die SAID-tak in Randfontein ingedien, waar van die betrokke verdagtes ook gewerk het,” het hy gesê.

Die gespesialiseerde handelshof in Palm Ridge het Kooko, Mbanga en Mncube elk borgtog van R10 000 toegestaan en die saak is uitgestel tot 13 Julie vir verdere ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.