Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
2 uit 5 gesinne se kosgeld raak nog op

Byna twee uit vyf gesinne in die land moet skarrel vir kosgeld.

Gesinne is steeds besig om te sukkel om genoeg kos op die tafel te sit. Foto: Dino Lloyd

Die 39% van gesinne wie se kosgeld elke maand te min is, is ’n verbetering op die 47% in Mei verlede jaar, toe miljoene mense tydelik of permanent afgelê is of hul inkomste verminder is tydens die strengste fases van die inperking.

Dit bly egter kommerwekkend hoog en navorsers in die National Income Dynamics Study Coronavirus Rapid Mobile Survey (Nids-Cram) sê die regering moet dit oorweeg om toelae weer te verhoog.

Kinders in 14% van die land se huishoudings gaan nou gereeld honger slaap. Dit het in November ’n hoogtepunt van 16% gehaal. Die syfer is steeds byna dubbeld die 8% wat dit voor die Covid-19-pandemie was.

Die vierde reeks Nids-Cram-studies is Woensdag uitgereik.

LEES OOK: Afrikaanse mense meer skepties oor inentings

Die navorsers wat honger ondersoek het, wys daarop dat dieselfde nagenoeg 7 000 mense nou al vier keer sedert die begin van die pandemie ondervra is. Die mense is verteenwoordigend van die land se demografie, sowel geografies as volgens ras, geslag en inkomste.

Oor die loop van die vier peilings het 67% van die repondente minstens een keer aangedui dat die huishouding se kosgeld opgeraak het in die vorige maand – 47% het dit in minstens twee peilings aangedui.

38% van huishoudings het in minstens een van die peilings aangedui iemand moes honger gaan slaap. Ouers beskerm hul kinders in ’n mate teen honger en 32% van huishoudings het in minstens een van die peilings aangedui ’n kind het in die vorige week honger gaan slaap.

LEES OOK: 124% méér onderwysers sterf in pandemie

Nagenoeg 10% van respondente het in elkeen van die vier peilings honger beleef.

Die belangrikste oorsaak vir ’n gebrek aan kos in ’n huishouding is wanneer die broodwinner se inkomste verlore gaan.

Die navorsers lig ook uit dat honger afgeneem het toe die regering die kindertoelae tydelik verhoog het, en weer toegeneem het toe die hoër toelae gestaak is. Dit wys dat maatskaplike toelae werklik ’n verskil aan honger maak.

Daarteenoor is daar nie ’n ooglopende verband met die heropening van die ekonomie nie, wat wys hoe moeilik dit is om ’n inkomste te verdien in ’n land met so ’n hoë werkloosheidskoers.

’n Sterk verband is gevind tussen mense wat gereeld honger is en mense met gesondheidsprobleme.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Kospryse  |  Voedselsekerheid  |  Armoede  |  Nids-Cram  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.