Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
27 swart nyweraars kry R577 m.
Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid. Foto: GCIS

Die departement van handel en nywerheid het 27 swart maatskappye vir finansiering kragtens die aansporingskema vir swart nyweraars goedgekeur.

Sowat R577 miljoen is vir projekte van dié nyweraars bewillig.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, sê in ’n verklaring hy vertrou die swart nyweraars sal tot radikale ekonomiese transformasie, ekonomiese groei en werkskepping bydra.

Hy sê hulle gaan ook bykomende lenings en ekwiteitskapitaal kry van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF), die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die Landbank.

Die maatskappye gaan na verwagting regstreeks 5 235 poste en nieregstreeks 1 228 poste skep danksy dié finansiering.

Die meeste van dié geld gaan na die sektore wat plastiek en farmaseutiese produkte vervaardig en die metaal- en die landbouverwerkingsbedryf.

Die beleid oor swart nyweraars is November 2015 deur die kabinet goedgekeur.

Die beleid “vereis van die staat om die nywerheidspotensiaal te ontsluit binne ondernemings in swart besit en onder swart bestuur deur doelbewuste, geteikende en goed gedefinieerde finansiële en niefinansiële ingryping”.

Davies sê die beleid lê klem daarop dat staatsdepartemente en staatsmaatskappye teikens stel vir aankope om swart nyweraars te bevorder.

Die beleid lê ook klem op samewerking van die private sektor om swart nyweraars by te staan om volhoubare aankoopgeleenthede te kry.

Davies sê die departement praat reeds met die kleinhandel- en die motorbedryf om hulle te oortuig om meer van hul insette plaaslik te vervaardig.

Die departement gaan ook met ander sektore daaroor praat.

“Ons doen ’n beroep op die private sektor om saam te werk met die regering om werklike transformasie in belangrike sektore te kry.”

Die departement het nie gereageer op ’n versoek om ’n lys van die 27 maatskappye te kry nie.

Skynbemagtiging

Geen skynbemagtiging het deurgeglip in die program vir swart nyweraars nie, het dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, vandeesweek gesê.

Volgens hom het ’n heelparty maatskappye egter probeer om op bedrieglike wyse van die aansporings te kry.

Die partye wat hulle aan skynbemagtiging skuldig gemaak het, is aan die kommissie vir breë ekonomiese bemagtiging gerapporteer.

Hy sê gelukkig word skynbemagtiging nou in die wet omskryf en is daar ’n agentskap wat dit hanteer.

Meer oor:  Obk  |  Nok  |  Dr. Rob Davies  |  Bemagtiging  |  Ekonomie  |  Seb
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.